On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Brandstofprys: Goeie én slegte nuus in April

───   07:17 Thu, 16 Mar 2023

Brandstofprys: Goeie én slegte nuus in April | News Article

Ongeouditeerde data deur die Sentrale Energiefonds dui op ‘n moontlike styging van sowat 25c per liter in die petrolprys in April.

In sy kommentaar op die data, sê die Automobiel Assosiasie (AA) die goeie nuus is egter dat die data 'n afname in die groothandelprys van diesel van ongeveer 20c per liter toon, en 'n beduidende daling in die prys van paraffien van ongeveer 68c per liter.

“Die swakker rand tot dollar-wisselkoers dra by tot die styging in die petrolprys en die dalings in die diesel- en paraffienpryse, met laer internasionale oliepryse wat die omgekeerde impak het."

Die AA sê motoriste moet in ag neem dat die ongeouditeerde data in die middel van die maand vrygestel is.

“Die syfers behoort positief te verander voordat die amptelike aanpassing deur die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie teen die einde van die maand gemaak word.”

‘n Tweede faktor is dat die rand blykbaar teenoor die Amerikaanse dollar gestabiliseer het, wat verdere verligting in spesifiek die petrolprys behoort te bring.

Nog ’n oorweging is dat brandstofheffings nie in April sal styg nie en teen dieselfde koers sal bly as in 2022.

“Brandstofheffings word tradisioneel in April verhoog, maar die Minister van Finansies het gehoor gegee aan oproepe van die AA en in sy begrotingsrede in Februarie aangedui dat dit nie vanjaar sal gebeur nie.

“Hoewel dit nie 'n besparing as sodanig is nie, sou enige verhogings bykomende druk op brandstofpryse bygevoeg het, en ons verwelkom weer sy besluit om nie hierdie tariewe vir 2023 te verhoog nie.”

Die amptelike aanpassing van die brandstofpryse tree op 5 April, die eerste Woensdag van April, in werking.

Stuff.co.za het die volgende voorspellings vir die verhoging in brandstofpryse vir April gewaag:

Petrol 95: verhoging van 30c per liter;

Petrol 93: verhoging van 29c per liter;

Diesel met 0,05% swael: afname van 14c per liter;

Diesel met 0,005% swael: afname van 16c per liter;

Paraffien: afname van 60c per liter.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.