On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Nasionale EFF-staking: Santaco sê taxibedryf sal funksioneer

───   14:39 Fri, 17 Mar 2023

Nasionale EFF-staking: Santaco sê taxibedryf sal funksioneer | News Article
FOTO: Sunday World

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) sê die EFF het hom ingelig oor sy planne om die land tot stilstand te bring, en hy respekteer hulle reg om te betoog. Maar Santaco-lede sal nie deelneem nie.

Die raad verteenwoordig sowat 70% persent van die Suid-Afrikaanse taxibedryf.

Die president van Santaco, Abner Tsebe, het gesê die taxibedryf sal normaalweg funksioneer op die dag van die nasionale stilstand.

“Ons het al die provinsies van hierdie besluit in kennis gestel. Nieteenstaande Santaco se besluit om nie aan die nasionale stilstand deel te neem nie, respekteer die raad of die taxibedryf die EFF se redes om die land tot stilstand te probeer bring. Ons wil beklemtoon dat die vergadering hartlik was en die menings van albei partye is verwelkom en was respekvol. Ons het selfs geantwoord op die EFF se brief, wat die EFF gerespekteer het. Die EFF se bereidwilligheid om te vergader en Santaco in te lig, is ook verwelkom,” het Tsebe gesê.

"Ons glo dus met vertroue dat almal op die 20ste sal saamwerk om mekaar ruimte te gun in die nastrewing van ons uiteenlopende belange en beoogde doelwitte van die dag."

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.