On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Krokkie gryp koelhouer by piekniek

───   13:14 Tue, 21 Mar 2023

Krokkie gryp koelhouer by piekniek | News Article
Kyk hoe gaps 'n nuuskierige krokodil piekniekgangers se koelhouer. FOTO: Latest Sightings

’n Nuuskierige krokodil wat homself genooi het toe besoekers ’n piekniek naby sy watergat gehou het, het ’n koelhouer vol drankies gegaps.

Die voorval het by die Rietspruit-wildreservaat gebeur terwyl Rowena Mould en Davout Wolhuter ’n ontspanne wildrit saam met vriende onderneem het, berig Latest Sightings.

Soos met vorige besoeke het hulle hul piekniekmandjie naby ’n watergat uitgepak.

“Die volgende oomblik het ’n krokodil uit die water gekom. Ons is terug na die veiligheid van die voertuig. Hy het sy aandag op ons helderblou koelhouer gerig. Eers het hy sy kop bo-op die houer gerus, maar toe het hy die koelboks in sy kake gegryp en is hy haastig terug na die water.

"Die krokodil het met die koelboks in sy kake weggeswem. ’n Ander krokodil het nadergekom, en hulle twee het gemaak asof die koelhouer 'n wildsbok is wat hulle doodgemaak het.

"Dit het ons weereens laat besef hoekom dit noodsaaklik is om dieregrense te respekteer, veral wilde diere. Ons was beslis te naby aan die water se rand, ons moes verder weg beweeg het. Les geleer, gelukkig sonder voorval."

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.