On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

South Africa

Popcru vra ondersoek teen topbeamptes van Mangaung-tronk

───   07:12 Mon, 27 Mar 2023

Popcru vra ondersoek teen topbeamptes van Mangaung-tronk | News Article

Die polisievakbond Popcru vra dat topbeamptes van die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein, van waar die berugte Facebook-verkragter, Thabo Bester, verlede jaar ontsnap het, ondersoek en aanspreeklik gehou word.

Bester is die “Facebook-verkragter” gedoop omdat hy sosiale media gebruik het om sy vroulike slagoffers te lok, voordat hy hulle verkrag en beroof en selfs een van hulle vermoor het.

’n Soektog is tans aan die gang om die ontsnapte verkragter en moordenaar vas te trek.

Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die bestuur van die gevangenis “moet beslis verantwoordelik gehou word,” berig SABC-nuus.

“Iemand sou die liggaam moes bring om voor te gee asof dit Bester se liggaam is en dit kon nie deur junior amptenare gedoen wees nie.”

Die burgerlike organisasie People Opposing Women Abuse (Powa) is bekommerd oor die veiligheid van vroue en die slagoffers van Bester.

Powa se regsbestuurder, Naledi Kuali, sê dat die ontsnapping is kommerwekkend.

“Dink aan die misdade wat die individu gepleeg het, dit is gewelddadige misdade teen vroue – en hy het sosiale media gebruik om uit te reik na die oorgrote meerderheid van sy slagoffers.”

“ ’n Ander bekommernis is die feit dat hy die vermoë gehad om voort te gaan om sy slagoffers te teister en enigiemand wat na vore gekom het. Dit is ’n groot bekommernis wanneer iemand van hierdie aard in wese verlore gaan, en die toestande waaronder hy ontsnap het.”

Die polisie se soektog na Bester, wat in Mei 2022 ontsnap het, duur voort.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.