South Africa
Steenhuisen herkies as DA-leier─── 07:52 Mon, 03 Apr 2023
Die herverkose DA-leier, John Steenhuisen, het gesê 2024 sal die party se “maanskoot"-verkiesingsjaar wees en dat die amptelike opposisie ’n “reuse-sprong vorentoe” geneem het op pad na volgende jaar se verkiesing.
Steenhuisen het die voormalige Johannesburgse burgemeester dr. Mpho Phalatse geklop in ’n stryd om die leierskapsposisie by die DA se verkiesingskonferensie die naweek.
In 'n verklaring nadat hy herkies is, het Steenhuisen gesê hoewel die term "maanskoot" oorspronklik ’n "skoot oor ’n lang afstand" beteken het, word dit toenemend gebruik om 'n monumentale poging of 'n verhewe doelwit te beskryf - met ander woorde, 'n reusesprong vorentoe.
“ ’n Sprong soos om te verseker dat die DA die nasionale regering in 2024 lei,” het hy gesê.
I want to thank every DA delegate, public representative, activist, member and supporter who has placed such overwhelming trust in me to serve as Federal Leader for a second term.
— John Steenhuisen MP (@jsteenhuisen) April 2, 2023
It’s now time to save our beautiful country! ????#DAcongress2023 pic.twitter.com/iCFY97J2h2
Hy het gesê sedert 2019 het hulle aan die eerste fase van dié projek gewerk.
“Hierdie fase het alles gegaan oor die stabilisering en regstelling van die DA sodat ons weer op die wenpad kon kom, op pad om hierdie ‘skoot na die maan’ te neem,” het hy gesê.
Steenhuisen het gesê dit gaan oor die herbou van interne kohesie, dissipline, stelsels en beleid.
“Die DA wat uit hierdie kongres na vore kom, is meer verenig en meer selfversekerd oor die party se toekoms as op enige tyd wat ek kan onthou. Ons het inderdaad 'n sterk DA gebou,” het hy gesê.
