On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

South Africa

‘Opheffing van krag-ramptoestand wys dit was onnodig’

───   15:13 Wed, 05 Apr 2023

‘Opheffing van krag-ramptoestand wys dit was onnodig’ | News Article

Die VF Plus klop homself op die skouer nadat die party vroeër vanjaar die aangekondigde ramptoestand vir die kragkrisis, met Nkosazana Dlamini-Zuma aan die stuur, tot mislukking gedoem het en dit nou inderdaad opgehef is.

Die VF Plus het reeds met die afkondiging van die ramptoestand tydens president Cyril Ramaphosa se staatsrede gesê dit is moeilik om in te sien hoe dit enige oplossing kan bring vir die Eskom-krisis en dat dit onnodig is.

“Ons het gesê dit gaan niks anders wees as ’n geleentheid om regulasies te omseil en om ’n geleentheid te skep vir korrupsie nie,” het die partyleier, Pieter Groenewald, gesê. “Ons sal hierdie situasie dophou en ons herhaal die kragkrisis kan nie opgelos word deur die aankondiging van ’n noodtoestand nie.


“Daar kan tereg gevra word – wat het aangaande die krisis verander en wat het danksy die ramptoestand verbeter sedert die aankondiging daarvan op 9 Februarie.

“Die enigste wat sedert die ramptoestand rondom die kragkrisis gebeur het, was die aankondiging van die minister van finansies, Enoch Godongwana, oor die vrystelling wat aan Eskom verleen is oor die rapportering van onreëlmatighede besteding van alles wat daarmee gepaard gaan.

“Die minister kon die ramptoestand gebruik het om dit te regverdig en dit is daarom insiggewend dat hierdie vrystelling teruggetrek is samelopend met die opheffing van die ramptoestand.

“Die kiesers van Suid-Afrika kan met die algemene verkiesing aanstaande jaar help om van die ANC ontslae te raak sodat wette soos hierdie in plek gestel kan word om korrupsie en bedrog tot voordeel van almal in die land uit te roei.”

Solidariteit en die Organisasie teen belastingmisbruik (Outa) het aangedui dat hulle die geldigheid van die ramptoestand in die hof sou betwis.

Mediaverklaring

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.