On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

‘Dank Motshekga af oor kinders nie kan lees of skryf’

───   05:00 Wed, 12 Apr 2023

‘Dank Motshekga af oor kinders nie kan lees of skryf’ | News Article

Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming vra vir die afdanking van die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, “om Suid-Afrika se onderwysstelsel uit ‘n krisis te red”.

Die sentrum het volgens die SABC onlangs verskeie verslae uitgereik wat die stand van onderwys in die land uiteensit, met bevindings wat toon dat Suid-Afrika die enkele grootste leeronderpresteerder relatief tot die BBP per capita onder lae- en middelinkomstelande is.

“Suid-Afrika se onderwysstelsel is slegter daaraan toe as dié van Kenia en Tanzanië, wat 'n BBP per capita van minder as een vyfde van Suid-Afrika het,” sê die sentrum se uitvoerende direkteur, Anne Bernstein.

"Die realiteit is 'n onderwysstelsel wat nie daarin slaag om die meerderheid van jong leerlinge te leer lees, skryf of om somme te maak nie," sê Bernstein.

Sy verwys na statistieke van 2016, 2019 en 2021 wat toon dat die meerderheid van gr. 4-leerlinge nie vir betekenis in enige taal kon lees nie. Net meer as 'n derde van gr. 5-leerlinge het basiese kennis van wiskunde gehad en meer as die helfte van gr. 1-leerlinge het ná ’n jaar op skool nie die letters van die alfabet geken nie.

“Die vraag is, wat doen hulle op skool?”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.