On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Voorgestelde Nersa verhoging ’n slag vir verbruikers: VF+

───   06:35 Thu, 13 Apr 2023

Voorgestelde Nersa verhoging ’n slag vir verbruikers: VF+ | News Article

Enegriereguleerder Nersa wag op terugvoering van munisipaliteite oor sy voorgestelde verhoging van 15,1% in kragtariewe vanaf 1 Julie.

Die VF Plus sê dis ’n slag vir verbruikers wat reeds swaarkry weens hoë rentekoerse.

“Terwyl die nuwe minister van elektrisiteit, Sputla Ramakgopa, hom oënskynlik weer tot Eskom se verwaarloosde steenkoolkragstasies verbind, maak al hoe meer huishoudings en gemeenskappe hul eie planne.”

VF Plus-energiewoordvoerder dr. Wynand Boshoff sê die tegnologie is beskikbaar om 'n kragtarief voortdurend aan die hand van aanbod en aanvraag te laat wissel …

“Terwyl sonkrag slegs gedurende sonskynure opgewek kan word, is daar vir huishoudings talle moontlikhede in die bestuur en berging daarvan. Batterye is die ooglopende oplossing. 'n Gemeenskap kan voordeel trek uit wisselende gebruikspatrone, deur eerder 'n gesamentlike battery op te stel, as een vir elke huishouding. Verder is opgewarmde geisers en afgekoelde ys- en vrieskaste ook gebergde energie. Uit die makro-oogpunt is oortollige sonkrag oor die middaguur beskikbaar om water terug te pomp, sodat dit tydens spitstyd deur hidrokragsentrales kan vloei.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.