On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

South Africa

Klag ingedien oor Medupi-lugbesoedeling

───   06:09 Wed, 19 Apr 2023

Klag ingedien oor Medupi-lugbesoedeling | News Article
Medupi-kragsentrale in Limpopo.

Die VF Plus het ’n klag ingedien by die Menseregtekommissie oor voorkombare lugbesoedeling by die Medupi-kragsentrale in Limpopo.

Die groot oorsaak van die lugbesoedeling is dat nie weggedoen word met verbrande steenkool se as nie, maar dat dit op 'n groot hoop lê van waar dit rondwaai.

Die as word nie meer per vervoerband na die Matimba-ashoop vervoer nie, maar word langs die kragsentrale gestort sodat die geringste briesie die fyn as waai oor die stortingsterrein, Lephalale en omgewing.

Limpopo VF Plus provinsiale leier Marcelle Maritz sê Eskom volg nie dieselfde rehabilitasieprogram as met die Matimba-ashoop nie.

"Die wyse waarop die as gestort word, is nie volgens redelike omgewingsregulasies nie en kan lei tot verhoogde gesondheidsrisiko’s vir inwoners. Daar is duidelik ? laksheid by Eskom rakende lugbesoedeling en al sukkel Eskom om die ligte aan te hou, moet hy gedwing word om die moontlike te doen om lugbesoedeling te verminder. Die VF Plus het die MRK versoek om die lugbesoedeling dringend te ondersoek en Eskom te dwing om die nodige maatreëls in plek te stel om dit te verminder."

Verklaring verskaf.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.