South Africa
Ramaphosa in duister oor ministers se betrokkenheid by Eskom-kartelle─── 05:30 Fri, 21 Apr 2023

Pres. Cyril Ramaphosa sê verskeie Eskom-ondersoeke is aan die gang. Hy het glo gesuggereer dat die beweerde korrupsie by Eskom buite sy beheer is, ondanks twee kabinetsministers wat geïmpliseer word.
In antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA, het hy aangedui dat hy nie ingelig is oor die beweerde kartelle by Eskom nie.
The Citizen, berig dat die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het in Februarie die land geskok ná sy onderhoud met eNCA. Hy het beweer dat hy ’n kabinetsminister ingelig het, dat twee senior politici by korrupsie betrokke is.
Hy het ook genoem dat daar wanpraktykte en sabotasie is, wat verband hou met die diefstal van steenkool en bedrog by Eskom, en dat dit deur vier misdaadkartelle beheer word.
De Ruyter het gesê elke maand word minstens R1 miljard by Eskom gesteel.
Ondersoeke word gedoen
Ramaphosa, het in reaksie bevestig dat nie sy Nasionale Veiligheidsraadgewer, Sydney Mufamadi, of die Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, hom oor die twee ministers ingelig het nie.
Hy het dit benadruk dat dit De Ruyter se verantwoordelikheid was om die korrupsie by die polisie aan te meld, omdat hy in ’n magsposisie was.
Ramaphosa sê verskeie wetstoepassingsagentskappe is besig om Eskom te ondersoek.
“Maatreëls is getref deur die Departement van Openbare Ondernemings en aan die parlement gerapporteer oor hoe die voorstelle van die Zondo-kommissie se ondersoek na staatskapping toegepas kan word.”
Ramaphosa sê een van die ondersoeke gaan oor die kansellering van ooreenkomste vir die verskaffing van steenkool en konstruksiekontrakte ter waarde van R11 miljard.
Eskom was glo in die proses om minstens R2 miljard te verhaal wat onwettig deur Eskom aan diensverskaffers betaal is.
Dit sluit in 14 diensverskaffers wat steenkoel vervoer, en vier verskaffers van diesel, sê hy.
Hy noem ook dat die Departement van Openbare Ondernemings besig is om sake te finaliseer om verskeie voormalige direkteure van Eskom as misdadig te laat verklaar.
‘Sake verloop soos altyd’
Die DA was baie omgekrap oor Ramaphosa se antwoord, en het hom beskuldig dat hy sy plig versuim.
“President Ramaphosa het nie net die publiek se pleidooi geïgnoreer om korrupsie by Eskom uit te roei nie, en beurtkrag op te los nie, maar ook aan die hele land bewys dat hy ondanks sy hernude mandaat by die ANC se nasionale konferensie in Desember 2022 nie in staat is om sy party en sy regering reg te ruk nie. Albei veroorsaak toenemende pyn en lyding vir ons land en sy mense,” het Siviwe Gwarube, DA-LP, in 'n verklaring gesê
READ MORE — ‘Necessary for a functional democracy’: Parliament has a duty to probe Eskom corruption
Gwarube sê Suid-Afrikaners verwag van hul president om sulke bewerings ernstig op te neem, en onmiddellik enige kabinetsministers te skors wat daarvan verdink word.
De Ruyter sal Woensdag 26 April 2023 voor die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skopa) verskyn om vrae van LP’s oor sy bewerings te beantwoord.
Die DA se mosie vir die stigting van 'n ad hoc-komitee oor die korrupsie by Eskom het in Maart vanjaar in die Nasionale Vergadering misluk. Al 201 LP’s van die ANC het daarteen gestem.
OFM News