On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Comrades-legende deel vanjaar se goue oomblik

───   15:04 Mon, 19 Jun 2023

Comrades-legende deel vanjaar se goue oomblik | News Article
FOTO: Verskaf

Om vir die 48ste keer die lint ná ’n moordende 87,701 km te breek, beteken allesbehalwe die einde van sy marathondae.

Terug in Odendaalsrus ná vanjaar se Comrades, gesels Louis Massyn (72) nie net oor die wedloop nie, maar deel hy ook mooi oomblikke agter die skerms.

Louis Massyn sien reeds uit na 2024 se medalje.

Louis is die Vrydagaand voor die wedloop genooi na die tradisionele pasta aand wat die Brasiliaanse Comrades-atlete jaarliks hou.

Tydens die geleentheid het hy besluit om sy promosie wedloopnommer te skenk aan een van die atlete.

Louis het die jong beginneratleet Bernardo as ontvanger van sy nommer geïdentifiseer.

Bernardo was emosioneel tydens die ontvangs daarvan. Hy het aan Louis genoem dat dié eer wat hom te beurt val, op sy oorlede ma se verjaarsdag plaasvind. Die 23-jarige atleet het dit beskou as ’n geskenk van Louis aan hom én sy moeder.

In 2019 is Louis genooi om aan die Brasilië-marathon in Rio deel te neem. Hy dink met nostalgie terug aan die gasvryheid waarmee die Brasiliane hom tydens sy twee-weke-verblyf ontvang het.


Vanjaar se Comradesvieringe is verlede Dinsdagaand op ’n hoogtepunt afgesluit tydens die Adidas-medaljeparade.

Woensdag het die geliefde mentor vir so baie atlete teruggekeer Vrystaat toe, alreeds aan’t dink en voorberei vir volgende jaar se kilometers vol sukses.

OFM Nuus/Elsabé de Jager


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.