On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

‘Zuma se private vervolging van Ramaphosa ongrondwetlik’

───   16:59 Wed, 05 Jul 2023

‘Zuma se private vervolging van Ramaphosa ongrondwetlik’ | News Article
Oudpresident Jacob Zuma. Foto: Twitter

Oudpresident Jacob Zuma se private vervolging van President Cyril Ramaphosa is onwettig en ongrondwetlik deur die Johannesburgse Hooggeregshof verklaar.

Zuma is gelas om die regskoste van Ramaphosa en twee advokate te betaal.

In Desember verlede jaar het Zuma ’n dagvaarding laat uitreik vir Ramaphosa om in Januarie in die hof te verskyn.

Zuma beweer Ramaphosa was saam met adv. Billy Downer SC en Karyn Maughan, joernalis van News24, medepligtig in die uitlek van sy mediese inligting.

Zuma se saak teen Downer, wat hy daarvan beskuldig het dat hy sy private mediese inligting aan Maughan uitgelek het, is ook onlangs tersyde gestel.

In die uitspraak sê die volbank regters die nolle prosequi sertifikaat wat in 2021 deur die direkteur van openbare vervolgings in KwaZulu-Natal aan Zuma uitgereik is, is nie op Ramaphosa van toepassing nie.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.