On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Vragmotorbrande: Een in Mpumalanga aangekeer

───   14:51 Thu, 13 Jul 2023

Vragmotorbrande: Een in Mpumalanga aangekeer | News Article
Screengrab: Twitter

’n Veiligheidsmaatskappy het die eerste verdagte vasgetrek nadat 21 vragmotors in drie provinsies aan die brand gesteek is.

Bester Maree van ACSU Security in Ermelo sê hulle het inligting ontvang wat gelei het tot die opsporing van ’n verdagte in eMkhondo. Hy was glo betrokke in die voorval gister waar vier vragmotors op die N2 aan die brand gesteek is. “Ons het hom om 03:00 aan die Sheepmoor-polisiekantoor oorhandig,” sê hy.



Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het nog nie die inhegtenisneming bevestig nie.  Bheki Cele, minister van polisie, het gister op ’n mediakonferensie gesê 12 mense is geïdentifiseer wat met die brandstigting verband hou.

“Die aanvalle op vragmotors kan sakeverwant wees, maar dit is nie toevallige misdaad nie. Dit dui op georganiseerde, gekoördineerde en gesofistikeerde operasies wat die staat wil ondermyn en saboteer,” sê Cele.



Dit hou nie verband met xenofobie nie omdat die meeste van die aanvalle op Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders was, sê hy. Dit word ook van ’n sentrale punt in KwaZulu-Natal gekoördineer en die verdagtes kan van terrorisme aangekla word.

OFM Nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.