On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Laaste pleidooi aan Al-Kaïda om Suid-Afrikaner vry te laat

───   12:50 Mon, 17 Jul 2023

Laaste pleidooi aan Al-Kaïda om Suid-Afrikaner vry te laat | News Article
Gerco van Deventer, gyselaar. Foto: Gift of the Givers/Facebook

Gift of the Givers het ’n laaste poging aangewend om die ontvoerders van die Suid-Afrikaanse paramedikus Gerco van Deventer te oortuig om hom onvoorwaardelik vry te laat, sonder om ’n losprys te betaal.

Gift of the Givers se gyselaaronderhandelaar in Mali, Mohamed Yehia Dicko, het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy feitlik alles probeer het om die vrylating van Van Deventer te bewerkstellig. Daar is geen geld om sy losprys van miljoene rand te betaal nie.

Al-Kaïda-gyselaar in Mali: ‘Ons wag, hoop en bid’

Van Deventer, wat in Libië gewerk het, is in 2017 ontvoer en aan ’n Al-Kaïda-groep bekend as Jama'a Nusrat ul-Islam (JNIM) in Mali verkoop.  

Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, sê in ’n verklaring Dicko het regoor Mali gereis en met tussengangers en stamleiers gepraat wat moontlik JNIM se besluit om Van Deventer vry te laat kan beïnvloed.

“Die probleem is dat JNIM Gerco by ’n groep in Libië ‘gekoop’ het en ontvoerders wil altyd vir hul ‘belegging’ vergoed word,” sê hy.


Gift of the Givers het in 'n brief van die Moslemse regterlike raad, 'n videoboodskap in Arabies, 'n video-appèl van Van Deventer se vrou Shereen en haar seun Asher, aan Al-Kaïda gestuur en ontvangs daarvan is binne 48 uur bevestig. Daarna is telkens gesê hul versoek “word bespreek”.

“Volgens inligting wat ontvang is, is daar meer wat ten gunste is van ’n onvoorwaardelike vrylating, as diegene wat onseker is. Ons wag, hoop en bid.”

Volgens Sooliman is Mali en Suid-Afrika se staatsveiligheidsdepartemente gereed om dadelik te reageer indien JNIM Van Deventer sou vrylaat.

“Dit is aan JNIM duidelik gemaak dat dit Gift of the Givers se laaste poging is aangesien daar geen alternatief is nie, behalwe om die losprys te betaal.”

“Ons gemoed bly positief terwyl ons optimisties en hoopvol op 'n gunstige oplossing wag. Ons wag geduldig, gevestig in gebed.”

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.