On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

‘Zuma se kwytskelding ’n bespotting van regstelsel’

───   08:57 Sat, 12 Aug 2023

‘Zuma se kwytskelding ’n bespotting van regstelsel’ | News Article
ActionSA se Herman Mashaba. Foto: Facebook

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het president Cyril Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy 'n bespotting van die land se strafregstelsel maak.

Dit kom nadat oudpresident Jacob Zuma Vrydagoggend by die tronk aangemeld het vir byna ’n uur voordat hy weer vinnig vrygelaat is as deel van 'n "remissieproses", wat daarop gemik is om die oorbevolking van tronke aan te spreek.

Die besluit is Vrydagoggend tydens 'n mediakonferensie deur die hoof van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, en Ronald Lamola, Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, aangekondig.

Mashaba het gesê die vrylating van 9 488 misdadigers, as ’n skans om Zuma van nog ’n dag tronkstraf te red, bewys dat die oppergesag van die gereg nie op die magshebbers van toepassing is nie. Hy meen dit is 'n politieke oplossing vir die probleem dat Zuma moes terugkeer tronk toe.

“Die strafregstelsel berus op die beginsel om te verseker dat daar gevolge vir onwettige dade is,” het Mashaba gesê.

“President Zuma het willens en wetens en doelbewus ons hoogste hof uitgedaag en in die openbaar sy minagting vir die regstelsel getoon. In plaas daarvan om die oppergesag van die gereg in Suid-Afrika te bevestig, deur te verseker dat Zuma rekenskap gee van sy dade, het Ramaphosa se regering agteroor gebuig om hom toe te laat om die gevolge van hierdie dade te ontduik.”

Lamola het vroeër volgehou daar is geen inmenging deur hom of Ramaphosa nie. “Nie ek of die president het ingemeng met die besluit van die nasionale kommissaris nie. Ons het hom ook toegelaat om ons in te lig oor sy besluit, wat hy gedoen het,” het hy Vrydag gesê.

Mashaba het egter gesê die ANC ondermyn steeds die oppergesag van die gereg. “Die oppergesag van die gereg is die afgelope drie dekades deurgaans deur die ANC-regering ondermyn en vertrap. ActionSA sal veg om hierdie hoeksteen van ons Grondwet te herstel en te verseker dat die regstelsel ’n doeltreffende afskrikmiddel vir onregmatigheid is.”

OFM Nuus





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.