South Africa
Ackerman 12 keer lewenslank gevonnis─── 14:55 Mon, 14 Aug 2023
Die hooggeregshof in Johannesburg het die kinderverkragter Gerhard Ackerman ’n vonnis van 12 keer lewenslange tronkstraf opgelê.
Ackerman is skuldig bevind aan die besit van kinderpornografie, sowel as die vervaardiging en verspreiding daarvan. Hy staan tereg op meer as 740 aanklagte vir sy rol in 'n kinderverkragtingsindikaat of -ring.
Hy is aangekla saam met die voormalige waarnemende regter Paul Kennedy wat selfmoord gepleeg het ná sy inhegtenisneming.
Regter Ismail Mohamed het in sy uitspraak die beskuldigde se weergawe verwerp dat twee van die seuns ingestem het tot seks met hom. Ackerman is daarom aan verkragting skuldig bevind.
Mohamed het beweer dat Ackerman kwesbare seuns op Facebook en ander sosialemediaplatforms gesoek het, hulle opgelei het om seksuele dade met betalende kliënte uit te voer en voordeel uit die transaksies getrek het.
Ackerman het seuns onwettig aangemoedig om ook seksuele dade op Paul Kennedy uit te voer, wetende dat hy MIV-positief is.
Een van die slagoffers was toe 14 jaar oud. Meer as 1 000 pornografiese beelde en video's is van Ackerman se skootrekenaar gehaal terwyl meer as 600 beelde van sy selfoon af gehaal is. Hierdie beelde sluit in foto's van kleuters wat verkrag word en seksuele dade op volwassenes uitvoer.
Mohamed sê Ackerman het bloot die kwesbare seuns vir 'n lewe uitverhuur.
WATCH: Earlier #GerhardAckerman terminated the mandate of his Legal Aid lawyer &told the court he intends to apply for a retrial. He claims to have new evidence &also alleges irregularities in proceedings &that he’s imprisonment disadvantages him: “This system of ours is flawed” pic.twitter.com/82NV0NAsF3
— Jacaranda News (@JacaNews) August 14, 2023
In die Wes-Kaap is 'n 46-jarige man in die Oudtshoorn-streekhof in die Klein-Karoo tot 90 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is skuldig bevind op ses aanklagte wat verband hou met die seksuele aanranding van minderjariges.
Hy is in Oktober 2019 deur die Mosselbaai-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in hegtenis geneem ná bewerings van verkragting en seksuele aanranding wat deur die slagoffer se ma by die polisie aangemeld is.
Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê ondersoeke het aan die lig gebring dat die man, 'n familievriend, twee minderjariges, destyds 10 en 11 jaar oud, seksueel aangerand het. Hierdie voorvalle het tussen 2014 en 2019 plaasgevind.
Spies sê terwyl die beskuldigde 90 jaar tronkstraf gekry het, sal 20 jaar gelyklopend uitgedien word op twee van die aanklagte teen hom.
