On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Eskom: Koeberg 1 weer in November in werking

───   11:13 Fri, 18 Aug 2023

Eskom: Koeberg 1 weer in November in werking | News Article
Argieffoto

Eskom sê Eenheid 1 van sy Koeberg-kernkragstasie sal in November weer in gebruik wees ná brandstofaanvullings en instandhouding.

Dié kragverskaffer sê meganiese werk om die stoomopwekkers te vervang is in Julie voltooi.

“Dit was die belangrikste werk en het komplekse aktiwiteite behels. Dit beteken nou dat Eskom kan voortgaan met die onderbrekingsaktiwiteite wat nie parallel met die vervanging van die stoomopwekkers uitgevoer kon word nie,” sê Daphne Mokwena, Eskom se woordvoerder.

“Onmiddellik ná die voltooiing van die onderbreking, sal die reaktor met brandstof gevul word. Dit sal die indiensneming van die eenheid moontlik maak.”

Mokwena sê Koeberg se Eenheid 2 sal later vanjaar afgeskakel word.

“Weens die uitstel van die terugkeer van Eenheid 1, is die afskakeling van Eenheid 2  tot 7 November 2023 uitgestel om te verseker dat daar nie ’n gelyktydige stilstand van albei Koeberg-eenhede is nie. Ons kan bevestig dat hulpbronne gereed is om te begin met die eerste aktiwiteite van Eenheid 2 se onderbreking."

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.