On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

AmaZulu-regiment onthou Buthelezi deur sang voor begrafnis

───   07:46 Sat, 16 Sep 2023

AmaZulu-regiment onthou Buthelezi deur sang voor begrafnis | News Article
Die Amabutho-regiment. Foto: SAUK/Bongisipho Magcaba

“Ons glo dat God vir ons nog 'n leier in ons land sal gee om hierdie groot skoene vol te staan, hoewel dit nie maklik sal wees nie. Shenge was 'n held. Sy werk en nalatenskap spreek boekdele.”

Lt-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, het ’n beroep op lede van die AmaZulu-regimente gedoen om Saterdag betyds op te daag vir die amptelike begrafnisdiens van wyle tradisionele premier, prins Mangosuthu Buthelezi, sodat hulle nie die verrigtinge versteur nie.

Lede van die AmaZulu-regiment het van Vrydag af buite die lykshuis in Ulundi bymekaargekom waar die oorskot van wyle prins Mangosuthu Buthelezi gehou is. Hulle het tradisionele liedjies, bekend as amahubo, gesing ter nagedagtenis aan die tradisionele Eerste Minister.

Die SAUK berig deur middel van sang neem hulle afskeid van Buthelezi en loof hulle sy bydrae tot die bou van die AmaZulu-nasie. Honderde IVP-ondersteuners het by die regiment aangesluit voordat Buthelezi se oorskot na sy familiehuis by KwaPhindangene teruggeneem is.


“Ons is hier by die lykshuis om die oorskot van ons tradisionele premier, Inkosi Mangosuthu Buthelezi, terug te neem na die KwaPhingangene-paleis. Ons verseker dat ons tradisionele premier dienooreenkomstig gegroet word, want hy het hard gewerk en gebou aan die Zoeloe-nasie. Ons verstaan ten volle daar is geen ander tradisionele premier wat ons in goeie en slegte tye as 'n Zoeloe-nasie gehad het nie, van apartheid tot demokrasie,” verduidelik Sipho Mhlongo, waarnemende hoof van die regimente.

Mhlongo sê Buthelezi se vertrek laat 'n groot leemte. “Sy vertrek is 'n groot verlies vir ons, maar ons hoop dat God ons nog 'n goeie tradisionele premier sal gee, want ons glo dat Shenge 'n geskenk van God vir ons was. Ons glo dat God vir ons nog 'n leier in ons land sal gee om hierdie groot skoene vol te staan, hoewel dit nie maklik sal wees nie. Shenge was 'n held. Sy werk en nalatenskap spreek boekdele,” brei Mhlongo uit.

IVP-ondersteuners betoon laaste eer aan Buthelezi. Foto: Bongisipho Magcaba

Talle ondersteuners van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) in Gauteng het op busse uit Johannesburg vertrek na Kwaphindangene in Ulundi, KwaZulu-Natal, om hul laaste respek aan die IVP-stigter te gaan betoon.

Die oorskot van die Zoeloe-prins het reeds by Kwaphindangene-paleis aangekom vir die finale afskeid. Hy sal Saterdag ter ruste gelê word.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.