On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

MultiChoice kom na Wêreldbeker-partytjie; Eskom hopelik ook

───   12:30 Sat, 30 Sep 2023

MultiChoice kom na Wêreldbeker-partytjie; Eskom hopelik ook | News Article

Eskom hoop om kragonderbrekings die naweek te beperk.

Die Springbokke verwag ’n brutale stryd teen Tonga dié naweek in hul laaste Rugby Wêreldbeker-uitspeelwedstryd Sondag in Marseille. 

Hulle het die belangrikheid beklemtoon om akkuraat te wees op die aanval én verdediging om ’n plek in die kwarteindrondte te bespreek. Die Bokke is tweede op die puntelys in Poel B met 10 punte, vier agter Ierland, wat met 14 punte in dié groep voorloop. Die wedstryd in Stade de Marseille skop Sondag om 21:00 af.


MultiChoice en die SAUK het op 7 September ’n ooreenkoms bereik dat die openbare uitsaaier 16 van die Wêreldbekertoernooi se 48 wedstryde mag beeldsend. MultiChoice het gesê die ooreenkoms behels al die Springbokke se wedstryde in Frankryk, sowel as die eindstryd.

Eskom het Vrydag (29/9) aangekondig dat fase 3-beurtkrag van 16:00 tot Saterdag 05:00 geld. Daarna word onderbrekings Saterdag en Sondag tussen 05:00 en 16:00 opgeskort. Fase 2-beurtkrag word Saterdag en Sondag tussen 16:00 en 05:00 toegepas.

Daphne Mokwena, Eskom-woordvoerder, het gesê die beperkte kragonderbrekings is danksy die volgehoue verbeterde prestasie van opwekkingsbeskikbaarheid sowel as die verwagte laer aanvraag oor die naweek. Eskom hoop daarom om kragonderbrekings die naweek te beperk.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.