On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

’Krake in die ANC wys voor verkiesing’

───   DANE BEISHEIM 11:16 Tue, 03 Oct 2023

’Krake in die ANC wys voor verkiesing’ | News Article

“Ek dink tog hier is ‘n paar patrone wat wys op iets wat broei in die Suid-Afrikaanse politieke sfeer.”

Die IVP sal in die verkiesing in 2024 ’n faktor wees wat die ANC met ’n valkoog sal dophou. 

Dit is die mening van prof. André Duvenhage, politieke ontleder en dosent verbonde aan die Noordwes-Universiteit, na aanleiding van die onlangse tussenverkiesings in KwaZulu-Natal, waar die IVP nege wyke by die ANC oorgeneem het.

“Dit is natuurlik gevaarlik om groot en gesaghebbende gevolgtrekkings te maak na aanleiding van tussenverkiesings se uitslae, maar ek dink tog hier is ‘n paar patrone wat wys op iets wat broei in die Suid-Afrikaanse politieke sfeer.

Krake in die ANC wys glo al voor die verkiesing van 2024.

“Die IVP het die naweek ook bevestig dat sy ooreenkoms met die DA staan. Ek dink op die oomblik is daar groot kommer dat die ANC provinsiaal nie ‘n meerderheid kan behaal nie,” sê Duvenhage.

Daar is ook ‘n wyk in Maquassi Hills in die omgewing van Wolmaransstad betwis. Die EFF het hier teen die ANC gewen.  

Dit lyk vir my asof die ANC voor redelike uitdagings te staan kom. Ek wil nie sê dit is onoorkombaar nie maar daar is ’n paar uitdagings, sê hy. 

OFM Nuus/Dane Beisheim

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.