On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

South Africa

‘Maimane se kans op sukses in 2024-verkiesing skraal’

───   DANE BEISHEIM 11:19 Tue, 03 Oct 2023

‘Maimane se kans op sukses in 2024-verkiesing skraal’ | News Article
Mmusi Maimane. Foto: Facebook

“Mmusi Maimane kan in die toekoms onthou word as een van die eerste individue wat die bestaande kiesstelsel uitgedaag het.”

Mmusi Maimane het nie die invloed of gravitas as leier om suksesvol mee te ding teen die leierskap van sterk gevestigde partye nie.

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder en NWU-student, sê dié leier van Build One SA kan in die toekoms onthou word as een van die eerste individue wat die bestaande kiesstelsel uitgedaag het. “Dit is so dat baie onvoorspelbaarheid heers in die aanloop tot die 2024-verkiesing. 

‘Ek dink hier wag baie interessante tye vir ons’

“Dat die ANC dalk nie noodwendig die verkiesing gaan wen nie, is ook ‘n moontlikheid. So, ek dink hier wag baie interessante tye vir ons in die volgende ses maande.”

Hy het vroeër in gesprek met OFM Nuus gesê die IVP sal in die 2024-verkiesing ‘n faktor wees wat die ANC met ’n valkoog sal dophou ná onlangse tussenverkiesings in KwaZulu-Natal waar die IVP nege wyke van die ANC afgerokkel het.

OFM Nuus/Dane Beisheim

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.