On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

South Africa

Noordwes-professor meen politieke geweld neem toe

───   DANE BEISHEIM 11:23 Tue, 03 Oct 2023

Noordwes-professor meen politieke geweld neem toe  | News Article

“Geweld is dus nie iets ongewoon nie, maar geweldsmisdaad in die land het onlangs 'n ander dimensie begin aanneem.”

Suid-Afrika is een van die gewelddadigste samelewings ter wêreld. Van 1994 tot 2017 is sowat ’n halfmiljoen mense in die land vermoor.

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder en NWU-dosent, meen geweld is dus niks ongewoons nie, maar geweldsmisdaad in het onlangs ’n ander dimensie begin aanneem.

Hy sê geweld neem toe in gebiede waar die ANC nie in beheer is nie, of gevaar loop om sy beheer te verloor. “Ons het die onlangse taxistaking gehad in die Wes-Kaap. Ons het geweld in Swellendam gesien. Daar is ook eskalering van geweld in die Nelson Mandela-metro.

‘Die politieke elite en georganiseerde misdaad is kop in een mus’

“Ek dink dit is ’n breë politieke basis wat onder meer verband hou met die aanloop tot die 2024-verkiesing en die onsekerhede wat die ANC-elite in die gesig staar met betrekking tot hul toekomstige posisie.”

Hy sê as ’n mens kyk na André de Ruyter se tyd by Eskom, blyk die verband taamlik duidelik. “En dit laat Suid-Afrika met ’n beeld van ’n korrupte mafia-staat waar die politieke elite en georganiseerde misdaad bande met mekaar het.”

OFM Nuus/Dane Beisheim

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.