On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

Man aangekeer ná rooftogte by talle juwelierswinkels

───   ZENANDE MPAME 12:51 Tue, 10 Oct 2023

Man aangekeer ná rooftogte by talle juwelierswinkels | News Article
Foto: OFM Nuus

“Die rooftogte het tussen Maart en September vanjaar plaasgevind.”

'n Man (25) is Maandag (9/10) onderweg na Gqeberha deur die Valke in Gauteng in hegtenis geneem. Hy word aangekla van gewapende roof en sal binnekort in die landdroshof in Gqeberha verskyn.

“Hy word verbind met winkelrooftogte tussen Maart en September 2023 in Kimberley, Klerksdorp, Rustenburg, Boksburg en Gqeberha,” sê Katlego Mogale, Gautengse Valke-woordvoerder.

OFM Nuus het vroeër berig 'n gewapende rooftog het in Julie by 'n winkelsentrum in Kimberley plaasgevind en die polisie het met 'n soektog na die verdagtes begin.

Die ondersoek het daarop gedui dat die verdagte in Gauteng of Mpumalanga wegkruip. “Deur inligting wat ontvang is, is die verdagte geïdentifiseer en in hegtenis geneem.”

Die polisieondersoek duur voort om die verdagte se makkers te identifiseer en op te spoor.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.