On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

South Africa

Verbruikers kan nou klagtes aanlyn indien

───   ZENANDE MPAME 11:29 Tue, 24 Oct 2023

Verbruikers kan nou klagtes aanlyn indien | News Article
Foto: thencc.org.za

“Die kommissie se portaal maak dit ook moontlik vir verbruikers om aan te meld en die status van hul klagtes te sien.”

Die Nasionale Verbruikerskommissie het Maandag (23/10) sy e-diensportaal bekendgestel. Dit is die eerste fase van die gedigitaliseerde proses om klagtes te hanteer.

Verbruikers het in die verlede gekla oor hoe moeilik dit is om klagtes per hand in te dien. Die portaal sal die proses vergemaklik en die klagtevorm sal aanlyn ingevul kan word. “Die kommissie se portaal maak dit ook moontlik vir verbruikers om aan te meld en die status van hul klagtes te sien,” sê Phetho Ndaba, woordvoerder.

Verbruikers word versoek om geduldig te wees in die verifikasieproses, aangesien daar soms probleme kan wees met die verbinding met die Departement van Binnelandse Sake.

Die onderskeie verteenwoordigers van die NCC, NKR en die UV vier die bekendstelling van hul nuwe vennootskap in September om groter bewusmaking oor verbruikersbeskerming te bevorder en verbruikers te help. Van links is Nomsa Motshegare, HUB van die Nasionale Kredietreguleerder; prof. Francis Petersen, Visekanselier en Rektor van die UV; en Thezi Mabuza, waarnemende kommissaris van die Nasionale Verbruikerskommissie. Foto: Charl Devenish

“Die verifikasie word deur Binnelandse Sake gedoen en verbruikers moet seker maak dat hulle die name en identiteitsnommers gebruik wat op hul ID-dokumente is,” sê Ndaba.

Verbruikers moet ’n internetverbinding, ’n ID- of paspoortnommer, ’n werkende e-posadres en ’n selfoonnommer hê. Hulle kan na die kommissie se webtuiste gaan om uit te vind hoe om klagtes in te dien en hul identifikasie te verifieer. Diegene wat nie toegang tot die internet of e-posadresse het nie kan die oproepsentrum kontak vir bystand en ’n agent sal namens hulle ’n profiel skep en die klag indien.

Verbruikers kan verskeie klagtes met dieselfde aanmeldbesonderhede indien.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.