South Africa
Beurtkrag: ‘Voorstel om privaat sektor te betrek amper klaar’─── 17:05 Mon, 06 Nov 2023

“Ons is op koers om die intensiteit van beurtkrag aansienlik te verminder.”
Minister van Elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa sê sy departement sal binnekort 'n voorstel aan die kabinet voorlê waarin die private sektor se betrokkenheid by die oplossing van die beurtkragkrisis uiteengesit sal word.
Die regering benodig minstens R390 miljard oor die volgende dekade om die transmissienetwerk uit te brei.
Die minister het lede van die media toegespreek tydens sy opvolgbesoek aan die Arnot-kragstasie in Mpumalanga.
Arriving at Arnot Power Station as part of our follow up visits to Eskom power stations. These visits are a follow-up to the initial round of visits that we undertook upon my appointment as the Minister of Electricity in March 2023.#MinisterofElectricity #LeaveNoOneBehind ???? pic.twitter.com/aRmz5BgU3H
— Dr Kgosientsho Ramokgopa (@Kgosientsho_R) November 6, 2023
Ramokgopa gaan verskeie ander opvolgbesoeke aan die res van die Eskom-kragstasies doen. Hy het in Mei met die eerste rondte besoeke aan die kragstasies begin om die prestasievlakke en behoeftes van elke stasie te bepaal.
“Ons is op koers om die intensiteit van beurtkrag aansienlik te verminder. Natuurlik het ons ’n tydperk van agt dae van geen beurtkrag nie gehad. Daarna het ons egter ’n probleem ervaar by 11 eenhede as gevolg van ketelbuislekkasies. Daardie eenhede gaan terugkom,” het Ramokgopa gesê.
“Dit is belangrik dat ons die betroubaarheid van hierdie eenhede handhaaf sodat ons die geloofwaardigheid van ons pogings en die vermoë van Eskom om hierdie uitdaging op te los, kan herstel en behou.”
[Photos] Minister of Electricity Kgosientsho Ramokgopa visiting Arnot power station in Mpumalanga during his follow-up visits to Eskom power stations.
— South African Government (@GovernmentZA) November 6, 2023
The Minister is received by the Station’s Manager, Marcus Nemadodzi upon arrival. https://t.co/OyasybPjfN pic.twitter.com/VKDY8MDq5n
Die minister het herhaal dat Eskom nie kan bekostig om op sy verouderde steenkoolaangedrewe stasies staat te maak nie.
“Ons benodig voldoende bykomende opwekkingskapasiteit, veral hernubare energiebronne, want dié Eskom-stasies alleen sal nie beurtkrag oplos en energiesekuriteit verseker nie. Daarom belê ons baie moeite en hulpbronne om te verseker dat ons ’n oplossing vind vir die finansiering en inwerkingstelling van ’n transmissienetwerk.
“So, ons het meer as R390 miljard nodig. Die Eskom-balansstaat sal dit nie kan dra nie. Ons is in 'n gevorderde stadium en gaan ’n voorstel aan die kabinet voorlê oor hoe ons dink ons kan gebruik maak van die likiditeit in die privaat sektor, sodat ons nie te veel staatmaak op hierdie eenhede wat verouder nie."