On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

South Africa

Bethlehem se jeug opgewonde oor Afrikaans 100

───   10:59 Wed, 07 May 2025

Bethlehem se jeug opgewonde oor Afrikaans 100 | News Article
Foto: OFM

Geen taal kan gedy en groei as dit nie ook met erns op skoolvlak aangebied word nie.

Twaalf jaar lank word leerlinge begelei in taalonderrig, verkieslik hul moedertaal as eerste taal, maar ook in ander tale. Hoe meer tale ’n mens magtig is, word gesê, hoe sterker maak dit jou.

Tale floreer op Bethlehem, veral Afrikaans. Die dorp het twee van die beste hoërskole in Suid-Afrika. Leerders aan die Bethlehem Hoërskool Voortrekker en Hoërskool Witteberg neem jaarliks met sukses aan die ATKV se kompetisies deel (drama, debat, redenaars).

OFM Nuus het met drie leerders van Voortrekker gesels wat vertel wat Afrikaans vir hulle is en beteken. Nog twee leerders van Witteberg deel ’n kort video van ’n drama wat vanjaar op die planke gebring word, Verd(r)ink, geskryf deur Ilne Fourie.

Philip Crause, Ermari Botha en Sipho Nwamba, matriekleerders aan Voortrekker, gesels oor Afrikaans:

Hoërskool Witteberg se graadtwaalfs Tlhono Mokoena en Henke Minaar deel ’n greep van ’n drama waaraan hulle oefen:

Ermari Botha van Voortrekker bring hulde aan Afrikaans:

OFM Nuus/Susan Maré mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.