South Africa
Kies rooibos vir verligting in feestyd─── 09:03 Tue, 12 Dec 2023
"Navorsing toon verskeie aksies van rooibos in die ingewandestelsel wat nie net spysvertering ’n hupstoot gee nie, maar ook algemene gesondheid verbeter en help met siektebestuur."
Die feestyd gee vir baie mense ’n vrypas vir lekker eet, drink en kuier. Wat minder lekker is, is die nagevolge vir hul spysverteringstelsel. Daarvoor is die oplossing rooibostee, sê dr. Hanél Sadie-Van Gijsen van die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Kardiometaboliese Navorsing in Afrika.
Sadie-Van Gijsen sê rooibos is tradisioneel gebruik om maag- en spysverteringskwale te behandel, maar tot dusver was daar nie wetenskaplike bewyse van die doeltreffendheid daarvan nie.
In ’n aantal onlangse studies aan plaaslike sowel as internasionale universiteite en navorsingsentra is egter bevind dat dié Suid-Afrikaanse tee ’n magdom gesondheidsvoordele inhou. “Die navorsing demonstreer ’n verskeidenheid aksies van rooibos in die ingewandstelsel wat nie net spysvertering ’n hupstoot gee nie, maar ook algemene gesondheid verbeter en help met siektebestuur,” verduidelik sy.
‘Rooibos is ’n veilige drankie vir almal’
“Daarbenewens bied die probiotiese effek daarvan ’n dubbele voordeel: Dit ondersteun die groei van voordelige ingewandsbakterieë en inhibeer die groei van skadelike bakterieë.”
Dit is nie net volwassenes wat na ’n bietjie verligting van oordaad in ’n koppie rooibos sal vind nie. “Rooibos is ’n veilige drankie wat deur volwassenes en kinders gebruik kan word om, saam met ’n gebalanseerde en gesonde leefstyl, daaglikse ingewandsgesondheid te ondersteun,” sê sy.
Rooibostee is:
- Anti-inflammatories
- ’n Antioksidant
- ’n Prebiotikum
Die ware jakob vir die verligting van maag- en spysverteringskwale
