South Africa
Matriekuitslae: Privaat skole verbeter op verlede jaar─── 11:43 Thu, 18 Jan 2024
“Ons siening is dat die IEB nog altyd ’n uitstaande program is en ons moenie dít vernietig wat werk nie.”
Die Onafhanklike Eksamenraad het ’n algehele matriekslaagsyfer van 98,46% in die 2023-assesserings aangeteken.
Die uitslae, wat om middernag uitgereik is, is effens hoër as die 98,42% wat die klas van 2022 behaal het. Sowat 88% van die privaatskoolleerlinge het met universiteitstoelating geslaag.
Een van hulle is die Hilton College-matrikulant Khanya Mhlongo, wat met sewe onderskeidings spog.

Khanya Mhlongo van Hilton College. Foto: LinkedIn
Hy oorweeg ’n aanbod van die Yale-universiteit in Amerika om ekonomie te studeer.
Khanya skryf sy 91%-gemiddeld toe aan sy vasberadenheid oor die jare. “Dit is ongelooflik en ek is dankbaar – dankbaarheid teenoor die skool vir al die hulp en hulpbronne wat hulle verskaf het; dankbaarheid teenoor my ouers vir al hul ondersteuning; en natuurlik dankbaarheid teenoor God.”
Die St. John’s College is een van dié wat besonder goed vaar, met ’n 100%-slaagsyfer.
Gautengse premier vra vir enkeleksamen
Intussen is onafhanklike skole gereed om die regering te betrek om te verseker dat Suid-Afrika se onderwysstelsel inklusief is. Dit is volgens St. John's College raadsvoorsitter, Thulani Hlatshwayo. “Ons siening is dat die IEB nog altyd ’n uitstaande program is en ons moenie dít vernietig wat werk nie.”

Angie Motsheka, minister van basiese onderwys, en Panyaza Lesufi , premier van Gauteng, het gister ’n skool in Ga-Rankuwa besoek. Foto: twitter.com/X
Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, het onlangs op sosiale media “een land, een matriekeksamen” voorgestel. Hierdie voorstelle het ’n debat oor die toekoms van ons onderwysstelsel ontketen.
Lesufi sê daar moet eenvormigheid en gelyke geleentheid wees om gehalteonderwys te kan kry ongeag ras en klas. Hy glo ook dat inklusiewe onderwys die uitvalkoers sal verlaag.
Die Onafhanklike Eksamenraad het Donderdag gesê dit gaan alles oor hoe die standaarde gestel word.
OFM Nuus dg
