South Africa
Polisiebeamptes se veiligheid bekommer bestuur─── 08:54 Sun, 21 Jan 2024
“Ten spyte van die nuwe jaar wat gekenmerk is deur aanvalle op polisiebeamptes – aan diens sowel as van diens af – sal die bekamping van misdaad steeds verskerp word.”
Die polisiebestuur is bekommerd oor die veiligheid van beamptes aangesien die tol van sterftes van SAPD-lede sedert Januarie 2023 tot 33 gestyg het.
Die SAPD sê ten spyte van die nuwe jaar wat gekenmerk is deur aanvalle op polisiebeamptes – aan diens sowel as van diens af – sal die bekamping van misdaad steeds verskerp word in ’n poging om gemeenskappe veilig te hou.
Die polisiebestuur het Saterdag kommentaar gelewer nadat nog ’n beampte, wat in die uitvoering van diens vermoor is, in KwaZulu-Natal ter ruste gelê is.
Die minister van polisie, Bheki Cele, het die begrafnisdiens bygewoon van ao. Gama Cele van die Valke wat op 2 Januarie in ’n skietgeveg met transitorowers gesterf het.
Hy is een van drie beamptes wat in 2024 vermoor is.
OFM Nuus cg
