On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

South Africa

NSFAS-leningsaansoeke vir ‘verlore middelklas van studente’ nou oop

───   11:01 Fri, 02 Feb 2024

NSFAS-leningsaansoeke vir ‘verlore middelklas van studente’ nou oop | News Article

“Uit die aansoeke wat jy op grond van inkomste afgekeur het, gaan NSFAS terug na daardie poel en verifieer wie tussen R350 000 en R600 000 is.”

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) het sy leningsbefondsingskema vir die studente in die verlore middelklas geopen. Dit is studente wie se huisgesin se gesamentlike huishoudelike inkomste tussen R350 000 en R600 000 per jaar is.

Die sluitingsdatum vir dié aansoeke is 15 Februarie.

Dit kom ná ’n vergadering tussen die NSFAS-raad en die Suid-Afrikaanse Studente-unie (SAUS). Die vergadering het die gereedheid van NSFAS vir die 2024 akademiese jaar bespreek.

Lukhanyo Daweti, sekretaris-generaal van SAUS, sê die verlenging van twee weke is voldoende.

“Hulle wou ook vir ’n ander siklus oopmaak, maar ons het gesê ons weet vir ’n feit dat daar, van die aansoeke wat jy ontvang het, sommige is wat jy afgekeur het. 

“Uit die aansoeke wat jy op grond van inkomste afgekeur het, gaan NSFAS terug na daardie poel en verifieer wie tussen R350 000 en R600 000 is. Jy identifiseer daardie mense, stuur vir hulle ’n SMS dat jy nie vir 'n beurs kwalifiseer nie, maar jy kwalifiseer wel vir 'n NSFAS-lening vir die verlore middelklas. Stel jy belang?

“So, daardie een is opgelos en dit het begin gebeur.”

OFM Nuus cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.