On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

South Africa

Valke slaan toe op dwelmfabriek in Krugersdorp

───   15:34 Mon, 12 Feb 2024

Valke slaan toe op dwelmfabriek in Krugersdorp | News Article
Dwelms is op grootmaat vervaardig by ’n ou vervalle fabriek. Foto verskaf

“Die span is geloof en aangemoedig om na die meesterbreine agter die dwelmlaboratorium te soek.”

Gautengse polisie het Maandag (12/2) afgekom op ’n superlaboratorium waar dwelms ter waarde van miljoene rande vervaardig is. Nege verdagtes tussen 18 tot 55 jaar is in hegtenis geneem.

Die laboratorium het dwelms op groot maat vervaardig in ’n vervalle fabriek in Pulleystraat, Boltonia, Krugersdorp-Wes. 

Die Valke het ’n verskeidenheid chemikalieë in groot hoeveelhede gevind. Foto verskaf

Die Valke het toegesak op die perseel waar hulle ’n verskeidenheid chemikalieë in groot hoeveelhede gevind het waarmee metamfetamien vervaardig kan word. Tydens die deursoeking van die perseel is nege verdagtes, insluitend twee vroue, aangekeer.

Die verdagtes sal Woensdag (14/2) hul eerste verskyning in die Krugersdorpse landdroshof maak op aanklag van die vervaardiging van onwettige dwelms.

Dwelms is op grootmaat by ’n ou vervalle fabriek in Krugersdorp-Wes vervaardig. Foto verskaf

Ebrahim Kadwa, provinsiale hoof van die Valke in Gauteng, het die span geloof vir hul puik werk en hulle aangemoedig om na die baasbreine te soek. Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus cg/dg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.