On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

South Africa

Geen sprake van landwye kragonderbreking

───   12:07 Mon, 19 Feb 2024

Geen sprake van landwye kragonderbreking | News Article
Die opskorting van beurtkrag in die dag is tot verdere kennisgewing aangekondig.

“Hierdie afwisselende patroon van die opskorting van beurtkrag van 05:00 tot 16:00 en fase 2-beurtkrag van 16:00 tot 05:00 sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.”

OFM Nuus maak graag ’n regstelling ná verwarring weens die bewoording van ’n berig in ons halfsewehooftrekke en seweuurnuusbulletin op Maandag (19/2).

Die berig het gelui dat Suid-Afrika van vanmiddag vieruur tot môreoggend vyfuur in die duister sal wees. Die feit is dat fase 2-beurtkrag oornag toegepas word. “Daar is geen sprake van ’n landwye kragonderbreking nie,” sê Morné van Rooyen, OFM Nuus-redakteur.

“Wees asseblief verseker dat OFM Nuus steeds daarna streef om akkurate, regverdige en gebalanseerde nuus uit te saai.”

Eskom het Sondag die opskorting van beurtkrag in die dag tot verdere kennisgewing aangekondig.

Daar is geen sprake van ’n landwye kragonderbreking vanaand nie. Foto: Unsplash/Prateek Gautam

Die kragverskaffer sê dit is te danke aan die volgehoue verbetering in opwekkingskapasiteit. Fase 2-beurtkrag sal vanaf Maandag 16:00 tot Dinsdag 05:00 toegepas word.

Daarna sal beurtkrag Dinsdag vanaf 05:00 tot 16:00 opgeskort word.

“Hierdie afwisselende patroon van die opskorting van beurtkrag van 05:00 tot 16:00 en fase 2-beurtkrag van 16:00 tot 05:00 sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing,” sê Daphne Mokwena, Eskom -woordvoerder. .

“Terwyl die beskikbare opwekkingskapasiteit volgehou word, noodsaak die behoefte om die noodreserwes vir die komende week aan te vul ’n verhoging in die stadium van beurtkrag.

“Onbeplande onderbrekings het verder verminder tot 13 350 MW se opwekkingskapasiteit, terwyl die kapasiteit buite diens vir beplande instandhouding 8 476 MW is. Daar word verwag dat 3 300 MW se opwekkingsvermoë teen Maandag weer in diens gestel sal wees.”

OFM Nuus cg/dg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.