On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Hittegolftoestande word tot Dinsdag verwag

───   10:01 Sun, 10 Mar 2024

Hittegolftoestande word tot Dinsdag verwag | News Article
Die hittegolf sal na verwagting oor Sentraal Suid-Afrika, Gauteng en die noordelike gebiede heers.

“Van Saterdag tot Dinsdag verwag ons dat die hittegolf oor Gauteng, Noordwes, die Oos- en Sentraal-Vrystaat en die Noord-Kaap sal wees.”

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n waarskuwing gerig oor hittegolftoestande wat tot Dinsdag oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, Noordwes, Vrystaat, Gauteng, asook die suidwestelike bosveld van Limpopo sal voortduur.

Uiters hoë brandgevaartoestande word gevolglik op plekke oor die Noord-Kaap, die Sentraal- en Wes-Vrystaat asook die weste van Noordwes waargeneem.

Warm en ongemaklike toestande word ook verwag in Namakwaland in die Noord-Kaap, die Weskus en die binneland van die Wes-Kaap. 


“Ons verwag dat die hittegolf oor Gauteng, Noordwes, die oostelike en sentrale dele van die Vrystaat tot Dinsdag sal voortduur,” sê SAWD-voorspeller Tokelo Chiloane.

“Vir Gauteng verwag ons vandag (Saterdag) ’n maksimum van 34 °C in Pretoria, 31 °C in Johannesburg en 33 °C in Vereeniging en wanneer jy na Noordwes beweeg, verwag ons ’n maksimum van 35 °C in Mahikeng, 37 °C in Vryburg; 38 °C in Bloemfontein en 37 °C in Kimberley. Upington-inwoners kan verwag dat die kwik Sondag tot 40 °C gaan styg.” 

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.