On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

South Africa

Joshlin Smith-saak: Polisie jaag ontstoke skare uiteen by Vredenburg-hof

───   14:20 Wed, 13 Mar 2024

Joshlin Smith-saak: Polisie jaag ontstoke skare uiteen by Vredenburg-hof | News Article
Jacquin (Boeta) Appollis, Steveno van Rhyn, Kelly Smith en Phumza Sigaqa in die Vredenburgse landdroshof. Foto: SAUK-skermgreep

“Almal moet politiek opsysit en help om Joshlin op te spoor.”

Die polisie het skokgranate en traangas gebruik om ’n groot skare uiteen te jaag wat buite die Vredenburgse landdroshof saamgedrom het. Vier mense verskyn in verband met die verdwyning van Joshlin Smith (6). Die SAUK berig ook die polisie het die gebied met doringdraad afgesper.

Kelly Smith het haar aansoek om borgtog laat vaar. Foto: SAUK-skermgreep

Joshlin se ma, Kelly Smith, en haar kêrel, Jacquin (Boeta) Appollis, is onder die beskuldigdes. Hulle staan tereg op aanklagte van mensehandel met die doel van uitbuiting en ontvoering. Joshlin word al drie weke vermis. 

Die aanklagte teen Phumza Sigaqa is teruggetrek. Foto: SAUK-skermgreep

Die beskuldigdes het hul aansoek om borgtog laat vaar. Die aanklagte teen een van die beskuldigdes, Phumza Sigaqa, wat daarvan beskuldig is dat sy ’n sangoma is, is teruggetrek.

Die saak is tot 13 Mei uitgestel vir verdere ondersoek en om selfoondata te bekom.

Steveno van Rhyn het sy aansoek om borgtog laat vaar. Foto: SAUK-skermgreep

Gayton Mackenzie, leier van die Patriotic Alliance, het onlangs R250 000 bewillig vir die opsporing van Johslin en die Wes-Kaapse regering R40 000.

Sammy Claasen van People for Change en ’n inwoner van Saldanhabaai, sê politieke partye moet ophou om munt uit Joshlin se verdwyning te slaan. “Kelly is geen rolmodel vir ander moeders nie en het geen ouerskapregte nie.

Jacquin (Boeta) Appollis het sy aansoek om borgtog laat vaar. Foto: SAUK-skermgreep

“Intussen het politici haar (Kelly) gebruik vir eie gewin. Hierdie leiers het sover geen liefde vir Joshlin betoon nie, maar poets hul eie beeld en dis walglik.”

eNCA berig Bheki Cele, minister van polisie, doen ’n beroep op almal om politiek opsy te sit en te help om Joshlin op te spoor.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.