On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

17 jaar tronkstraf vir Skukuza-stroper

───   10:38 Sat, 16 Mar 2024

17 jaar tronkstraf vir Skukuza-stroper | News Article
Photo: Gallo

Die Skukuza-streekhof het Mbongeni Selephi Ngobeni (28) 17 jaar direkte gevangenisstraf opgelê vir wildstroopverwante oortredings.

'n Stroperis skuldig bevind aan verskeie aanklagte, onder meer betreding van ’n nasionale park, renosterstropery, sameswering om ’n misdaad te pleeg en besit van ’n byl, vuurwapen en ammunisie.

Pretoriuskop-veldbewaarders het op 21 Junie 2016 tydens patrollie afgekom op ’n pas-doodgemaakte renoster, waarvan die horings verwyder is. Hulle het dadelik begin spoorsny en het drie verdagtes insluitend Mbongeni Selephi Ngobeni gevind. 

Een van die verdagtes het in ’n dam ingehardloop en is deur krokodille opgevreet, terwyl ’n ander daarin geslaag om te ontsnap.

Die staat kon deur middel van DNS-toetse bo redelike twyfel bewys dat die horings wat by die beskuldigde gevind is, dié van die gestroopte renoster is. Die staat het verder bewys dat die koeël waarmee die renoster doodgeskiet is, deur dieselfde geweer gevuur is as wat in Ngobeni se besit gevind is.

Ngobeni is tot 17 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis en is ook onbekwaam verklaar om ’n vuurwapen te besit.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.