On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Regering bevestig 4,7%-salarisverhoging vir staatsamptenare

───   10:53 Thu, 21 Mar 2024

Regering bevestig 4,7%-salarisverhoging vir staatsamptenare | News Article
Meeste staatsamptenare kry ’n 4,7%-salarisverhoging op 1 April.

“Die besluit weerspieël die regering se verbintenis tot billike vergoeding en kwaliteit openbare dienste.”

Die Departement van Openbare Dienste en Administrasie het bevestig dat staatsamptenare ’n 4,7% salarisverhoging sal ontvang.

Dit is in ooreenstemming met 'n tweejaar-ooreenkoms wat deur die meerderheid vakbonde in die openbare sektor onderteken is, wat ’n 7,5%-loonverhoging vir die 2023/24-boekjaar en 'n inflasiegekoppelde verhoging in 2024/25 gewaarborg het.

Die loonverhoging is slegs van toepassing op amptenare wat nie in senior bestuurders is nie, naamlik salarisvlakke tussen 1 en 12.

Vakbonde wat die meerderheid van staatsamptenare verteenwoordig, het die regering se loonverhogingsaanbod van 7,5% gedurende die 2023/24 boekjaar aanvaar.

In 'n verklaring wat Woensdagoggend vrygestel is, het Noxolo Kiviet, minister van Staatsdiens en Administrasie, gesê die besluit weerspieël die regering se verbintenis tot billike vergoeding en kwaliteit openbare dienste.

“Hierdie besluit strook met die verbintenis tot bekostigbare en toeganklike openbare dienste, terwyl die harde werk en toewyding van staatsamptenare erken word.

“Die regering het verskeie faktore deeglik oorweeg om 'n balans te vind tussen die voorsiening van die behoeftes van staatsamptenare en die lewering van doeltreffende dienste.”

Die PSA se hoofbestuurder, Reuben Maleka, sê die ooreengekome loonverhoging sal nie veel doen onder die huidige ekonomiese toestande nie. Foto: PSA

Kiviet het alle staatsamptenare aangemoedig om voort te gaan om dienste van hoë gehalte te lewer.

“Namate die regering vorder met die professionalisering van die staatsdiens, bly dit verbind daartoe om die professionele ontwikkeling van staatsamptenare te ondersteun deur belegging in opleiding en kapasiteitsbou-inisiatiewe.

“Die regering waardeer die harde werk van staatsamptenare en sal voortgaan om hul welstand te prioritiseer,” het Kiviet gesê.

‘Ek sien uit na die finansiële jaar 2025/26’

Daar is tien dae gegee om die salarisverhoging deur te voer, aangesien dit op 1 April in werking tree.

Die PSA het gesê hulle gaan in Junie terug na hul lede vir ’n nuwe mandaat voor die regering se loononderhandelinge in September vir die boekjaar 2025/26 begin. “Ek sien uit na die finansiële jaar 2025/26. Ons sal van September af met onderhandelinge begin om te verseker dat die middeltermynbegroting van Oktober ons aanvraag vir die volgende finansiële jaar dek,” het die PSA se hoofbestuurder, Reuben Maleka, gesê. 

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.