South Africa
Nuwe Nersa-riglyne maak voorsiening vir fase 16-beurtkrag─── 08:32 Sat, 06 Apr 2024

“Dit is gedoen om gerusstelling te bring dat proaktiewe beplanning en risikoversagting deeglik en proaktief ontleed en oorweeg is.”
Nuwe riglyne is goedgekeur deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) wat Eskom toelaat om beurtkrag te implementeer vanaf fase 1 tot 16.
Die vorige riglyne het Eskom toegelaat om beurtkrag tot fase 6 te implementeer.
Die Vereniging vir Nasionale Standaardspesifikasies (NRS) van Suid-Afrika sê die riglyne is nodig om te help om ’n totale ineenstorting van die elektrisiteitsnetwerk te voorkom. Die praktykkode is ontwikkel deur ’n groep kundiges wat deur die NRS-vereniging aangestel is.
Engineering News berig die nakoming van hierdie praktykkode is verpligtend vir alle Nersa-gelisensieerde elektrisiteitsverspreidingsnutsdienste en dit spreek lasverminderingspraktyke, stelselherstelpraktyke, kritieke las- en noodsaaklike lasvereistes tydens stelselnoodgevalle aan.
National #electricity generation increased by 4,2% y/y in February 2024. Generation was up by 1,6% in February 2024 compared with January 2024.
— Stats SA (@StatsSA) April 4, 2024
Read more here: https://t.co/cRM4elrE67#StatsSA pic.twitter.com/6oBcIwiMpN
Die NRS-vereniging sê hierdie mediaverklaring is uitgereik om gerusstelling te bring dat proaktiewe beplanning en risikoversagting deeglik en proaktief ontleed en oorweeg is en op ’n gestruktureerde, indringende wyse deur baie ander belanghebbendes van beide die private en openbare sektor ondersteun word.
Dit wys daarop dat die vereniging daarna streef om drie fundamentele doelwitte te balanseer, naamlik 'n billike verdeling van die laste wat veroorsaak word deur 'n elektrisiteitstekort; die noodsaaklikheid om die ernstige gevolge van ’n totale ineenstorting te vermy; en die impak van beurtkrag op noodsaaklike en kritieke kragvoorsiening.
Die dokument, wat in samewerking met sleutelbelanghebbendes ontwikkel is, sal help om die nasionale elektrisiteitsnetwerk voor te berei en te beskerm, beweer die vereniging. Dit beklemtoon ook die behoefte aan ’n gestruktureerde en proaktiewe benadering om die huidige elektrisiteitskrisis en potensiële toekomstige uitdagings aan te spreek.
[READ - @TC_Africa]
— Department of Mineral Resources and Energy ? (@DMRE_ZA) April 2, 2024
South Africa’s new energy plan needs a mix of nuclear, gas, renewables and coal – expert https://t.co/LcrgDFQNVc via @TC_Africa
Dit verskaf tegniese riglyne vir Nersa-gelisensieerde elektrisiteitsverspreiders om noodgevalle doeltreffend te bestuur, meen die vereniging. Dit bemagtig ook Nersa-gelisensieerde elektrisiteitsverspreiders, insluitend die Eskom-stelseloperateur en munisipaliteite, om sekere stappe te doen in ’n noodgeval.
#BreakingNewsAlert Nersa has approved the protocols to implement load shedding up to Stage 16. pic.twitter.com/qcETDQJwll
— Mpho Ma?hoho (@MaxMpho) April 5, 2024
Eskom het Vrydagmiddag (5/4) aangekondig dat kragonderbrekings tot verdere kennisgewing opgeskort sal bly. Woordvoerder Daphne Mokwena het gesê die besluit is die gevolg van volgehoue beskikbare opwekkingskapasiteit en voldoende noodreserwes.
OFM Nuus cg