South Africa
Fleurs: Verdagtes in hof ná sokkerspeler se dood─── CHARNÉ VAN DER MERWE 14:26 Fri, 12 Apr 2024
“Hulle staan tereg op aanklagte van moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook roof en regsverydeling.”
Die ses beskuldigdes in die moord op ’n sokkerspeler van Kaizer Chiefs moet weer op 19 April in die landdroshof in Roodepoort verskyn vir ’n formele borgtogaansoek. Hulle bly in aanhouding.
Luke Fleurs (24) is op 3 April by ’n vulstasie in Honeydew, Roodepoort, doodgeskiet terwyl hy vir ’n petroljoggie gewag het, sê Brenda Muridili. polisiewoordvoerder.
Die verdagtes het vandag in die hof verskyn. Foto: PSL
Ndumiso Moswane, Fernando Sive, Nhlakanipho Dlamini, Frank Xaba, Maredi Mphahlele en Thembinkosi Hlomikhawu het Vrydag (12/4) die eerste keer in die hof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook roof en regsverydeling.
OFM Nuus dg