On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

South Africa

28 uit boupuin in George gehaal, 47 word nog gesoek

───   15:33 Tue, 07 May 2024

28 uit boupuin in George gehaal, 47 word nog gesoek | News Article
Daar was ’n konstruksiespan van ongeveer 70 op die terrein voor die ineenstorting. Foto: Facebook

“Noodpersoneel en rampdiensspanne van George, die Tuinroete, Kaapstad en Worcester het ook by die reddingsoperasie aangesluit.”

Die reddingsoperasie in die Suid-Kaap duur voort nadat ses mense reeds dood verklaar is op die toneel waar ’n onvoltooide woonstelblok in Victoriastraat, George, Maandag (6/5) ineengestort het. 

Volgens George Herald is 28 mense tot dusver uit die puin gehaal en word daar nog na 47 mense gesoek. Die beseerdes is na hospitale dwarsoor die provinsie gestuur. Altesaam 75 bouers was op die toneel toe die ramp plaasgevind het.

Drie spanne reddingswerkers werk op drie verskillende gebiede binne die terrein van die ineengestorte gebou. Noodpersoneel en rampdiensspanne van George, die Tuinroete, Kaapstad en Worcester het ook by die reddingsoperasie aangesluit. Die polisie is teenwoordig op die terrein.

Die reddingsoperasie is tans aan die gang met meer as 80 reddingspersoneel op die terrein.

Dr. Michele Gratz, George se munisipale bestuurder, het haar waardering uitgespreek vir die organisasies en individue wat kom help het. “Ons bedank ook alle vrywilligers vir hul tyd of die kos wat hulle aan die reddingswerkers aanbied.”

“Ons bid voortdurend vir die naasbestaandes, vriende en kollegas van diegene wat by hierdie tragedie betrokke is en dink aan hulle,” het sy gesê.

Die oorsaak van die gebou se ineenstorting is nog nie vasgestel nie. Nadat Wes-Kaapse provinsiale amptenare gesê het hulle kan nie die kontrakteur identifiseer wat verantwoordelik is nie, is die naam van die ontwikkelaars pas bekend gemaak, naamlik NeoTrend.

OFM Nuus mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.