On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

South Africa

Polisie skiet berugte kaper dood op N12 in Johannesburg

───   KEKELETSO MOSEBETSI 12:41 Wed, 15 May 2024

Polisie skiet berugte kaper dood op N12 in Johannesburg | News Article
Die polisie het Dinsdagaand ’n vermeende kaper doodgeskiet. Foto: SAPD

“Die span het inligting opgevolg en dié verdagte by die N12 opgespoor.”

Die polisie het ’n man doodgeskiet wat voorheen in hegtenis geneem is op 29 aanklagte vir voertuigdiefstal en kaping. Die verdagte, wat uit was op borgtog, is deur die polisie op die N12 tussen die Kliprivier- en Xavier-afrit in Johannesburg doodgeskiet.

Die polisie was op soek na verdagtes ná die ontvoering van Shamshdudeen Faki (68), ’n sakeman van Benoni aan die Oos-Rand. Hy is Saterdag (11/5) by sy sakesperseel ontvoer en ’n losprys van miljoene rande is onmiddellik van die familie geëis. Die slagoffer het na bewering in die aanhouding van sy ontvoerders gesterf.

Die polisie het ’n verdagte op die N12 in Johannesburg doodgeskiet. Foto: SAPD

“Die sakeman se liggaam is in Dalpark, Brakpan, deur ’n buurtwaglid gevind wat die polisie in kennis gestel het. Die span het inligting opgevolg en dié verdagte by die N12 opgespoor waar ’n skietgeveg ontstaan het,” sê Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder.

“Faki se identiteitsdokument, ’n blou lig, gelisensieerde nommerplate wat tydens die ontvoering gebruik is en twee vuurwapens is in sy besit gevind.”

‘Hy word met 30 ander voertuigdiefstal- en motorkapingsake verbind’

Die polisie het vasgestel die oorledene word ook met sowat 30 ander voertuigdiefstal- en motorkapingsake verbind. Sy makkers het daarin geslaag om te ontsnap en die polisie het met ’n soektog na hulle begin.

Mathe sê verdagtes wat met minstens 250 sake van ontvoering verbind word, is die afgelope twee jaar in Suid-Afrika in hegtenis geneem.

OFM Nuus/ Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.