On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Eskom móét deurlopend krag aan dié instellings verskaf

───   11:31 Tue, 21 May 2024

Eskom móét deurlopend krag aan dié instellings verskaf | News Article
Cyril Ramaphosa en Kgosientsho Ramokgopa. Eskom oorweeg sy volgende stap ná die afwysing van beurtkrag-appèl. Foto: affinityhealth.co.za

“Ons moet ongetwyfeld verseker dat die geïdentifiseerde kritieke openbare ruimtes of instellings ononderbroke kragtoevoer het vir hulle om die soort dienste te kan lewer, soos in die Grondwet uiteengesit.”

Die minister van Elektrisiteit sê die regering oorweeg wat hom te doen staan nadat die hooggeregshof in Pretoria sy aansoek om verlof tot appèl teen ’n vroeëre uitspraak – oor die deurlopende onderbrekings – verwerp het.

Die uitspraak verplig Eskom om deurlopende kragtoevoer aan verskeie openbare instellings te verskaf, insluitend polisiekantore, openbare gesondheidsinstellings en skole.

Kgosientsho Ramokgopa het Maandag ’n opdatering van die energie-aksieplan verskaf. “Ons moet ongetwyfeld verseker dat die geïdentifiseerde kritieke openbare ruimtes of instellings ononderbroke kragtoevoer het sodat hulle die soort diens kan lewer soos in die Grondwet uiteengesit,” het die minister erken.

Die land het vir 54 opeenvolgende dae geen gestruktureerde kragonderbrekings ervaar nie. Ramokgopa het gesê die nutsmaatskappy het tussen 1 April en verlede week Donderdag R1,4 miljard aan diesel bestee. Dit is ’n afname van die R5,2 miljard vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.

“Ons het in wese ’n daling van 78% gesien, en dit is danksy mans en vroue by verskeie kragstasies wat dit moontlik maak dat ons hierdie geld spaar.”

Talle politieke partye en ander organisasies het verlede jaar ’n klag teen Eskom ingedien en gevra dat skole, hospitale en polisiestasies die las van beurtkrag gespaar moet word.

OFM Nuus cg/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.