On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Kieshof verwerp stigter se aansoek vir MK-leierskap

───   07:12 Thu, 13 Jun 2024

Kieshof verwerp stigter se aansoek vir MK-leierskap | News Article
Jabulani Khumalo wil as leier van die Umkhonto weSizwe-party heraangestel word. Foto: Jacaranda FM

“Dit bekommer my dat Khumalo nie hierdie bewerings in sy antwoord en beëdigde verklaring of betooghoofde aangespreek het nie.”

Die Kieshof het Woensdag die hofaansoek van Jabulani Khumalo, om as leier van die Umkhonto weSizwe-party heraangestel te word, van die hand gewys.

In sy aansoek het Khumalo beweer die MK-party se Duduzile Zuma-Sambudla het sy handtekening vervals om die OVK in te lig dat hy bedank het en deur oudpresident Jacob Zuma vervang sal word. Khumalo is in April deur die MK-party afgedank.


Die Grondwethof het ook intussen die MK-party se poging van die hand gewys om Vrydag se Parlementsitting te voorkom.

Khumalo het volgehou dat hy die leier van die MK-party is en het vroeër vandeesweek ’n verklaring vrygestel waarin gesê word dat hy Vrydag die sewende administrasie se eerste parlementêre sitting sal bywoon. 

Die Kieshof het bevind dat sy aansoek ongeldig en onwettig was.

“Dit is gemene saak dat Khumalo sedertdien uit die MK-party geskors is. Hy het nie sy uitsetting intern of in ’n ander toepaslike forum betwis nie,” het regter Lebogang Modiba in sy uitspraak gesê.  


“Die respondente voer aan dat sy skorsing om daardie rede bly staan. Dit bekommer my dat Khumalo nie hierdie bewerings in sy antwoord en beëdigde verklaring of betooghoofde aangespreek het nie.

“Ek is oortuig dat Khumalo, as geskorste lid van die MKP, nie locus standi het om hierdie aansoek te bring nie. Sy uitsetting staan dus.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.