South Africa
MK-party beëindig boikot; sal ’voortveg’ uit parlement se opposisiebanke─── 11:30 Mon, 17 Jun 2024

“Die regering van nasionale eenheid moet verpletter word voordat hy sy voete vind.”
Die Umkhonto WeSizwe-party (MK-party) het aangekondig dat sy 58 parlementslede, wat die eerste sitting van die Nasionale Vergadering geboikot het, binnekort wel daar sal aansluit.
Die party het aanvanklik die eerste sitting geboikot weens beweerde bedrog tydens die onlangse algemene verkiesing.
Hulle het aangevoer die sitting om ’n nuwe president te verkies moet uitgestel word omdat hulle die geldigheid van die verkiesingsuitslae betwis. Die verkiesing en uitslae is egter reeds deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie as vry en regverdig verklaar.
Whoever had lied to Jacob Zuma that a president couldn’t be elected without his MK Party Members of Parliament is evil and must be punished ????????????
— Hopewell Chin’ono (@daddyhope) June 16, 2024
Learned men and women were peddling that nonsense on social media?????? pic.twitter.com/kZtjZ79vCF
Die MK-party het die Grondwethof genader met ’n aansoek om ’n dringende hofinterdik aan te vra, wat die Parlement sou verbied om met die eerste sitting voort te gaan. Dit sou die beëdiging van parlementslede en die verkiesing van die president en speakers in die wiele ry. In 'n uitspraak wat Woensdagaand laat gepubliseer is, het dié hof gesê die aansoek is sonder meriete.
‘Eenheid in optrede is wat nou van ons vereis word’
Die partyleier, Jacob Zuma, het Sondag ’n mediakonferensie in Johannesburg gehou, waartydens ’n verklaring deur Nhlamulo Ndhlela, partywoordvoerder, gelees is.
“Eenheid in optrede is wat nou van ons vereis word, ons kan nie meer bekostig om verdeeld te wees wanneer die vyand teen die mense verenig nie.
“Om daardie rede wil ons aankondig dat uMkhonto WeSizwe, nadat regsadvies ingewin is, binnekort sy setels in die Nasionale Vergadering sal beklee,” het hy gesê.
Ndhlela sê die party sal sy stem in die Parlement gebruik om voort te gaan om hul kommer oor die beweerde verkiesingsbedrog te opper.
‘Daar is baie gevegte wat voorlê’
“Ons sal voortgaan om die kwessie van gemanipuleerde verkiesings selfs binne die Huis te opper, terwyl ons terselfdertyd die hofaksies en ander grondwetlike metodes buite sal verskerp.”
#MK Zuma: We are going to the international courts because local judges make judgements based on their feelings and not facts. #sabcnews pic.twitter.com/c1dl4GDZHk
— #LordOfTheMedia (@samkelemaseko) June 16, 2024
Die betogings sal in ander vorme voortduur, het Ndhlela gesê, daar is baie gevegte wat voorlê, insluitend die totale hersiening van die bevooroordeelde stemstelsel self en die bevooroordeelde OVK.” Die party is steeds ontevrede met die Grondwethof se uitspraak.
“Ons het konkrete bewyse aan die OVK voorgelê wat dui op wydverspreide onreëlmatighede in die stemproses en die stemstelsel. Dit het alles op dowe ore geval,” het Ndhela gesê.
“Ons het ook alle vreedsame maniere probeer om ons griewe aan te spreek, maar alles tevergeefs.
“Ons het selfs die hoogste hof in die land genader, maar dit het ons pleidooie verwerp sonder om ons eers aan te hoor. Hulle maak staat op tegniese aspekte. Terselfdertyd word demokrasie vernietig,” het hy gesê.
Ndlela het tydens die mediakonferensie sê die regering van nasionale eenheid “moet verpletter word voordat dit sy voete vind”.
VIDEO: Nhlamulo Ndlela reading a prepared statement on behalf of MK Party leader, former president Jacob Zuma. He says the government of national unity "must be crushed before it finds its feet." @ScrollaAfrica pic.twitter.com/APAiAtTG04
— Sihle Mavuso (@ZANewsFlash) June 16, 2024
Die saak het nou na die Kieshof teruggekeer en eis dat die verkiesingsuitslae tersyde gestel word.
In sy hofstukke voer die party aan dat die samestelling van die Nasionale Vergadering en die verkiesing van die president, gegewe die beweerde onreëlmatighede, nie die wil van kiesers weerspieël nie.
Die party vra die hof om president Cyril Ramaphosa te beveel om binne 90 dae ’n herverkiesing uit te roep.
OFM Nuus cg