On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

‘Verklein kabinet om meer lewens te red’

───   09:48 Mon, 17 Jun 2024

‘Verklein kabinet om meer lewens te red’ | News Article
President Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

“Ons doen ’n beroep op die president om meer geld te bespaar om meer lewens te red.”

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het president Cyril Ramaphosa versoek om sy kabinet van 30 na 15 ministers af te skaal.

So sal die regering meer geld beskikbaar hê om nog gesondheidswerkers aan te stel, meen Sama.

Daar is toenemende kommer oor die aantal werklose gesondheidswerkers, al het die land ’n tekort aan dokters. In Mei het Statistieke Suid-Afrika berig dat die land se werkloosheidskoers van 32,1% in die laaste kwartaal van 2023 tot 32,9% in die eerste kwartaal van 2024 toegeneem het.

“Deur die grootte van die kabinet te verklein, kan aansienlike finansiële hulpbronne herlei word na die verbetering van gesondheidsorg-infrastruktuur, die verhoging in die getal mediese personeel en die aanvaarding van voorkomende sorg,” sê Sama-woordvoerder, dr. Mvuyisi Mzukwa.

“Sama glo dat ’n skraler regeringstruktuur nie net finansiële besparings sal oplewer nie, maar ook doeltreffendheid en aanspreeklikheid sal bevorder. Ons doen ’n beroep op die president om meer geld te spaar om meer lewens te red.”

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.