South Africa
Ramaphosa se inhuldiging ‘ten volle beskerm’─── 06:41 Wed, 19 Jun 2024

“Hierdie inhuldiging sal plaasvind en enige dreigement sal aangespreek word. Die president sal die 19de ingehuldig word, so kom drink en dans.”
Alles val in plek vir die verkose president Cyril Ramaphosa se inhuldiging vir ’n tweede termyn Woensdag by die Uniegebou. Die Interministeriële Komitee, wat in Februarie gestig is om vir die verkiesing van die nuwe president voor te berei, het gesê alle werk is gedoen om vir die groot dag voor te berei.
“Die verkose president sal deur die hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika, regter Raymond Zondo, ingesweer word en hy sal ’n eed of bevestiging aflê. Die seremonie sal in die Uniegebou se amfiteater en Suid-grasperke plaasvind,” sê die minister in die Presidensie en komiteevoorsitter, Khumbudzo Ntshavheni.
???? PRESIDENTIAL INAUGURATION 2024
— The Presidency ???? (@PresidencyZA) June 18, 2024
ARRIVAL OF HEADS OF STATE AND GOVERNMENT
???? His Majesty King Mswati III of the Kingdom of Eswatini arriving at Waterkloof Air Force Base for the Inauguration of HE Matamela @CyrilRamaphosa, President-Elect of the Republic of South Africa.… pic.twitter.com/uXSQ7zpFnM
Bheki Cele, uittredende minister van polisie, het Suid-Afrikaners verseker dat die land se wetstoepassingsagentskappe ’n gladde inhuldigingseremonie sal verseker.
Cele sê ’n groot kontingent van buitelandse hooggeplaastes en staatshoofde gaan die inhuldiging bywoon. “Die polisie se taak is om ’n buffer vir moontlike dreigemente te wees en te verseker dat dreigemente nie uitgevoer word nie.”
“Hierdie inhuldiging sal plaasvind en enige dreigement sal aangespreek word. Die president sal die 19de ingehuldig word, so kom drink en dans,” sê Cele.
’n Groot kontingent van buitelandse hooggeplaastes en staatshoofde gaan die inhuldiging bywoon. Foto: GCIS
Ramaphosa is verlede week tydens die eerste sitting van die Nasionale Vergadering se sewende administrasie by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum herkies. Hy het die eerste keer president geword ná die bedanking van oudpresident Jacob Zuma in Februarie 2018. Volgens die grondwet moet die president binne vyf dae nadat hy deur die Nasionale Vergadering verkies is, ingesweer word.
Die inhuldiging sal deur parlementslede, verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale hooggeplaastes, buitelandse staatshoofde en ander gaste bygewoon word. Vir gewone Suid-Afrikaners bly dit egter ’n normale werksdag.
“Lande wat verteenwoordig sal word, sluit die Koninkryke van eSwatini en Lesotho in; die Republieke Zimbabwe, Mosambiek, Namibië, Angola en Tanzanië; die Republiek van Uganda; die Volksrepubliek van China; die Arabiese Republiek van Egipte; die staat Palestina en die Republiek van Kuba,” het die regering in ’n verklaring gesê.
???? PRESIDENTIAL INAUGURATION 2024
— The Presidency ???? (@PresidencyZA) June 19, 2024
POWERED BY #TINTSWALO
Lieutenant Colonel Zenele Vayeke is a Helicopter Pilot hailing from Bloemfontein and she will be the lead aircraft in the formation of 4 helicopters. #SouthAfrica30 ????#PeoplesInauguration #Inauguration2024 pic.twitter.com/NOZjAImOds
Die SANW sal die seremoniële elemente van die inhuldiging uitvoer. “Dit sluit in ’n saluut van 21 gewere, ’n saluutvlug deur die Suid-Afrikaanse Lugmag, inspeksie van ’n Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagbataljon en ’n grootskaalse verbyvlug.”
Padsluitings rondom die Uniegebou sal vanaf Woensdag 03:00 tot Donderdag 06:00 geïmplementeer word. Rietondale Park sal oop wees vir gaste en lede van die publiek om hul motors te parkeer en met die bus na die Uniegebou te ry. Die pendeldienste sal vanaf 03:00 tot 06:30 in werking tree.
Privaatvoertuigtoegang tot die Uniegebou of die area rondom die lokaal sal beperk word tot inwoners met permitte.
OFM Nuus cg