South Africa
9 jaar ná VBS-bedrog: Meesterbrein tot 495 jaar gevonnis, moet 15 uitdien─── 09:50 Thu, 11 Jul 2024
![9 jaar ná VBS-bedrog: Meesterbrein tot 495 jaar gevonnis, moet 15 uitdien 9 jaar ná VBS-bedrog: Meesterbrein tot 495 jaar gevonnis, moet 15 uitdien | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fb823225-7e59-4712-89f6-684b09e62a0a.jpg?crop=0,17,512,305)
“Hy het skuld beken op 33 aanklagte van korrupsie, diefstal, bedrog, geldwassery en rampokkery nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.”
Die voormalige voorsitter van VBS Mutual Bank, Tshifiwa Matodzi, is tot 495 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die instelling se ineenstorting.
Matodzi (47) is in 2020 in hegtenis geneem te midde van ’n ondersoek na die plundering van R2 miljard by die nou ontbinde bank.
Hy het skuld beken op 33 aanklagte van korrupsie, diefstal, bedrog, geldwassery en rampokkery nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.
Daily Maverick's Pauli van Wyk who has reported extensively on the VBS scandal maintains that EFF leader #JuliusMalema and his deputy #FloydShivambu benefited from the VBS money and challenges the pair to take her to court to prove their innocence.https://t.co/VMVA1S52sU pic.twitter.com/CFmQkrZkQl
— Newzroom Afrika (@Newzroom405) October 3, 2023
Die hof het beveel dat die vonnisse gelyktydig uitgedien moet word, ’n stap wat meebring dat hy 15 jaar in die tronk sal deurbring.
As the nation awaits the imminent arrest of Julius Malema and Floyd Shivambu for playing a big part in the looting and destruction of VBS, watch this video by our countries
— Goolam (@goolammv) July 11, 2024
heroine, @PaulivW explaining how Julius Malema spent the MILLIONS he looted. Worth nothing; it was all… pic.twitter.com/QyX3nZvdJm
Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê hy is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit. “Hierdie uitkoms beklemtoon die verbintenis van die Valke en die regstelsel om individue aanspreeklik te hou vir hul dade, veral dié wat die finansiële sektor en openbare vertroue aansienlik benadeel,” het Mogale gesê.
“Die Valke bly standvastig in sy strewe na geregtigheid en om te verseker dat sulke oortredings nie ongestraf bly nie.”
The secrets Tshifiwa Matodzi’s cellphone and testimony keep - the stories of Danny Msiza, Kabelo Matsepe, Phopi Mukhodobwane, and the mysterious Sgameka Projects of Julius Malema and Floyd Shivambu. - Needa Moodley and I. https://t.co/xZQbOQ4n0b
— Pauli Van Wyk (@PaulivW) July 10, 2024
In 2018 het die Suid-Afrikaanse Reserwebank 'n verslag oor die bank se ineenstorting vrygestel, waarin uiteengesit word hoe 53 individue tussen 1 Maart 2015 en 17 Junie 2018 meer as R2 miljard van die bank geplunder het.
Van die beskuldigdes sluit munisipale amptenare en diensverskaffers in.
OFM Nuus cg