South Africa
PlayStations, televisies, WiFi-roeteerders in ‘Sun City’-gevangenis gevind─── 06:42 Fri, 26 Jul 2024

“Twee amptenare in hegtenis geneem weens pogings om dagga en ’n selfoon met bykomstighede in te smokkel.”
’n Onverwagse klopjag by die Johannesburgse Korrektiewe Sentrum, bekend as “Sun City”, het die luukse leefstyl van gevangenes blootgelê.
Die operasie het smokkelgoedere soos plasma-televisies, PlayStations, WiFi-roeteerders en ontwerpersparfuum aan die lig gebring.
‘Onwettige elektrisiteitsverbindings is gevind vir toestelle en selfone’
Die departement van korrektiewe dienste en die polisie het die tronk se medium B-afdeling geteiken nadat hulle inligting oor kriminele netwerke ontvang het.
Amptenare het ook dwelms, messe en alkohol gevind, asook onwettige elektrisiteitsverbindings wat vir toestelle en selfone gebruik word.
Some of the contraband found at the 'Sun City' prison this evening includes:
— Kaya News (@KayaNews) July 24, 2024
- cellphones
- cables, chargers
- money
- rizla
- weed
- makeup; nail polish
- sharp objects
- in one case, a sex toy #KayaNews pic.twitter.com/HCwA0duJXi
Gevangenes met gesmokkelde goedere kan moontlik bykomend aangekla word en hul kanse op parool só benadeel.
Intussen is twee amptenare, werksaam in die Ermelo-gevangenis in Mpumalanga, in hegtenis geneem weens pogings om dagga en ’n selfoon met bykomstighede in te smokkel.
South African prisons are nice… until lord Pieter Groenewald finds out ??#ItsTheSkitsMyDog pic.twitter.com/YlmXftSEro
— Mpho Popps Modikoane (@MphoPopps) July 25, 2024
Die twee is tydens ’n onverwagse deursoeking betrap toe hulle Woensdagoggend vir diens aangemeld het.
“Hierdie voorval beklemtoon ons verbintenis daartoe om die integriteit en sekuriteit in korrektiewe fasiliteite te handhaaf, sowel as ons voortdurende pogings om onwettige aktiwiteite in die korrektiewe stelsel te bekamp,” het nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, gesê.
OFM Nuus cg