South Africa
‘Openbaar name in Nasionale Register van Seksoortreders’ – Maimane─── 06:59 Tue, 13 Aug 2024

“Gemak van toegang tot sulke inligting is deurslaggewend vir die veiligheid en welstand van gemeenskappe, veral die mees kwesbares.”
Build One South Africa (BOSA), onder leiding van Mmusi Maimane, het ’n landwye petisie begin wat bepleit dat die Nasionale Register van Seksuele Oortreders (NRSO) openbaar gemaak moet word.
Die lys moet geredelik toeganklik wees vir enigiemand in die land, sê Roger Solomons, waarnemende woordvoerder. Tans is toegang tot die register ’n tydrowende proses, wat R150 kos en ’n wagtydperk van minstens ses weke vereis.
[Watch??] We often know the victims and not the perpetrators. It's time to shine a light on the shadows.
— BOSA (@BuildOneSA) August 12, 2024
We’ve launched a petition to make the National Register of Sexual Offenders public & accessible, empowering communities with the knowledge to protect themselves as well as… pic.twitter.com/mkTb7awtyO
Solomons sê hierdie praktyk bemoeilik deursigtigheid en maak dit moeilik om seksoortreders se identiteit bekend te maak, wat ’n noodsaaklike stap tot aanspreeklikheid is.
BOSA glo die gemak van toegang tot sulke inligting is deurslaggewend vir die veiligheid en welstand van gemeenskappe, veral die mees kwesbares.
Die party glo dit sal ’n belangrike stap wees om seksuele oortreders en diegene wat vroue mishandel af te skrik, en sal gemeenskappe meer waaksaam maak. Die petisie sal aan die ministers van polisie en justisie oorhandig word. Om die petisie te onderteken, klik hier.
OFM Nuus cg