South Africa
95 Libiese burgers Sondag uit Mpumalanga gedeporteer─── 05:46 Mon, 19 Aug 2024
“Suid-Afrika het waarborge van Libië ontvang dat die 95 burgers wat gedeporteer is, nie gestraf sal word nie.”
Die 95 Libiese burgers wat in ’n geheime militêre opleidingskamp in Mpumalanga in hegtenis geneem is, het Sondag na hul vaderland teruggekeer.
Die staat het Donderdag die saak teen hulle teruggetrek weens ’n gebrek aan bewyse om strafregtelike klagte voort te sit. Die Libiese burgers is 48 uur gegun om Suid-Afrika te verlaat.
Die mans is in Julie gearresteer en daarvan aangekla dat hulle wanvoorstellings in hul visumaansoeke gedoen het.
[JUST IN] #95Libyans The Libyan nationals have officially left the Kruger Mpumalanga International Airport.
— Silindelo Masikane (@Sli_Masikane) August 18, 2024
They have been deported back to Libya.#eNCA pic.twitter.com/oO5cNzchDJ
Leon Schreiber, minister van binnelandse sake, het vooraf gesê die mans sal die land vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe verlaat.
“Binnelandse sake is besig om sy rol af te sluit in die deportasie van 95 Libiese burgers wat verlede maand in Mpumalanga in hegtenis geneem is.
The Minister of Police @Senzo_Mchunu_ and the leadership of the @SAPoliceService are visiting White River in Mpumalanga where a military training base was uncovered.
— Yusuf Abramjee (@Abramjee) July 27, 2024
During the operation, which took place yesterday, 95 foreign nationals, all Libyan citizens, were
apprehended and… pic.twitter.com/rRM15wcSGr
“Ons sal aanhou om alle hulpbronne tot ons beskikking te ontplooi om te verseker dat Suid-Afrika se Immigrasiewet te alle tye gerespekteer en nagekom word,” het Schreiber beloof.
[Listen] Minister of Home Affairs Dr @Leon_Schreib on the conclusion of the deportation of the 95 Libyans that were arrested in Mpumalanga. #TeamHomeAffairs #DHAServiceDelivery pic.twitter.com/SlV2WT7KXR
— HomeAffairsSA ???? (@HomeAffairsSA) August 18, 2024
eNCA het betroubaar verneem dat Suid-Afrika waarborge van Libië ontvang het dat die 95 burgers wat gedeporteer is, nie gestraf sal word nie.
In ’n verklaring het binnelandse sake gesê dat die CemAir-vlug deur die Libiese regering betaal word.
OFM Nuus cg/mc

