On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

South Africa

Valke neem verdagte in hegtenis ná uitlek van matriekuitslae

───   09:26 Fri, 17 Jan 2025

Valke neem verdagte in hegtenis ná uitlek van matriekuitslae | News Article
Nasionale Senior Sertifikaat. Foto ter illustrasie

Die Valke het ’n 21-jarige in hegtenis geneem omdat hy na bewering die 2024-matriekuitslae aanlyn uitgelek het.

Die inhegtenisneming is Donderdag gedoen nadat die departement van basiese onderwys ’n amptelike klag in Pretoria gelê het. Die saak is na die Valke oorgeplaas vir verdere ondersoek. 

“Ons is dankbaar teenoor die staatsveiligheidagentskap en Valke vir hul spoedige reaksie en ondersoek,” het Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, gesê nadat sy Maandag vir vinnige polisieoptrede gevra het ná die bewerings dat die uitslae verkoop is.

Die verdagte is ook in aanhouding weens die onwettige besit van ’n vuurwapen.

Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê hul eenheid vir ernstige ekonomiese misdrywe en hoofkantoor vir kubermisdaadondersoek het Donderdag ’n deursoekings-en-beslagleggingslasbrief by ’n woning in Hillcrest, noord van Johannesburg, uitgevoer.

Die verdagte en sy ouers was tuis tydens die soektog toe verskeie elektroniese toestelle en ’n ongelisensieerde haelgeweer met  skerppunt-ammunisie gevind is.

Die ondersoek duur voort.

OFM Nuus cg/mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.